Fauna en flora in die Bybel (11)

Fauna en flora in die Bybel (11) – Jan van der Watt

Takbok: Deuteronomium 12:15, 22; 14:5; 1 Konings 4:23.

Vark: Deuteronomium 14:8; Matteus 7:6; 8:32; Markus 5:11-16; Lukas 15:15-16.

Vee (beeste): 1 Samuel 6:7.

Vis: Eksodus 7:18; Numeri 11:5; Jona 1:17; Matteus 14: 17; 17:27; Lukas 11:11; 24:42; Johannes 21:9.

Vlermuis: Levitikus 11:19; Deuteronomium 14:18; Jesaja 2:20.

Wildehonde: Jesaja 34:14.

Wildsbokke: Die wildsbokke was in die Bybel die simbool vir vlugvoetigheid en spoed. Hulle was egter een van die hoofbronne van vleis in daardie tyd (Deuteronomium 14:5; Job 39: 4-7).

Wildedonkie: Job 39:8-11; Jesaja 32:14.

Wolf: Wolwe was gevreesde diere in die ou tyd. Hulle was bekend dat hulle enige klein diere met wreedheid aangeval het. Daarom lees ons in Johannes 10:12 dat die wolf selfs die herder van die skape kon doodmaak. As jy nie baie lief vir jou skape was nie, het jy liewer weggehardloop as daar ‘n wolf aankom (Jesaja 11:6; Matteus 7:15; 10:16).

 

Skrywer: Prof Jan van der Watt

 




Fauna en flora in die Bybel (10)

Fauna en flora in die Bybel (10) – Jan van der Watt

Ons gaan voort met die diere van die Bybel.

Hartbees: Deuteronomium 14:5.

Hiëna: Jesaja 13:22; 34:14.

Hond: Honde was nie so positief beoordeel soos ons dit vandag doen nie. Hulle is gewoonlik by ashope gesien waar hulle na kos gesoek het. Tog was daar van die konings wat sekere soorte honde aangehou het (1 Konings 21:23-24; Prediker 9:4; Matteus 15:26-27; 7: 6; Lukas 16:21; 2 Petrus 2:22).

Jakkals: Rigters 15:4; Jesaja 13:22; 34:13; Klaagliedere 4:3; Nehemia 4:3; Matteus 8:20; Lukas 13:32.

Kameel: Die kameel was die koning van die woestyn omdat dit met min kos en water kon klaarkom. Die kameel kon ook sowat 180 kilogram én sy baas deur die dik sand dra. Die Israeliete het nie kameelvleis geëet nie (Genesis 24:10; Levitikus 11:4; Deuteronomium 14:6; 1 Konings 10:2; Matteus 3:4; 19:24; 23:24).

Klipbok: Deuteronomium 14:5.

Klipspringer: Job 39:4.

Koeie: 1 Samuel 6:12.

Krokodil: Job 40:20; Esegiël 29:3.

Leeu: Hoewel ons baie van leeus in die Bybel lees, het hulle nie so algemeen voorgekom nie. Hulle het veral in die begroeide valleie gebly. Hulle was gerespekteer en die toonbeeld van krag ( Genesis 49:9; 1 Samuel 17:34; Rigters 14:8; 1 Konings 13:24; Job 39:1; Prediker 9:4; Jesaja 11:7; 38:13; 65:25; Esegiël 1:10; 32:2; Daniël 6:8; Joël 1:6; 1 Petrus 5:8; Openbaring 4:7; 13:2).

Luiperd: Jesaja 11:6; Jeremia 13:23; Daniël 7:6; Openbaring 13: 2.

Molle: Levitikus 11:29.

Muil: 2 Samuel 18:9; 1 Konings 1:38.

Muise: Levitikus 11:29; Jesaja 66:17.

Rotte: Jesaja 2:20.

Olifant: Esegiël 27:15.

Os: 1 Samuel 11:7; 2 Samuel 6:6; 1 Konings 19:20-21; Lukas 14:19.

Perd: Ryk mense het perde gery. Perde was veral in oorlog gebruik (Genesis 47:17; 1 Konings 4:26; 2 Konings 2:11; Job 39:22-28; Openbaring 6:2-8; 19:14).

Ribbok: Deuteronomium 14:5; 1 Konings 4:23.

Seekoei; Job 40:10.

Skaap: Skape was veeldoelige diere. Hulle vleis, velle en wol is alles tot die maksimum gebruik (Genesis 32:14; Eksodus 12:5; Deuteronomium 14:4; 2 Samuel 12:1-4; Lukas 15:4; Matteus 10:16; Johannes 10: 7).

Springbok: Deuteronomium 14:5.

 

Skrywer: Prof Jan van der Watt

 




Fauna en flora in die Bybel (9)

Fauna en flora in die Bybel (9) – Jan van der Watt

Diere

ʼn Mens dink altyd dat die volk Israel deur die woestyn getrek het en dat Palestina dus ʼn droë land sonder baie diere was. Dit is nie waar nie. Hoe verder Noord ʼn mens beweeg, hoe mooier word die plantegroei. In die volgende lys kan ons die diere sien waaroor die Bybel praat.

Beer: In die gebied van Israel het die Siriese bruinbeer voorgekom wat gewoonlik in die heuwelagtige, beboste gedeeltes geleef het (1 Samuel 17:34-37; 2 Konings 2:24; Jesaja 11:7; Daniël 7:5; Openbaring 13:2).

Bees: Beeste is aangehou vir melk, vleis en velle (hoewel hulle nie te dikwels geslag is nie), maar het veral ook gehelp om waens en ploeë te trek. ʼn Boer se rykdom is gemeet aan die hoeveelheid beeste wat hy gehad het (Deuteronomium 14:4; Daniël 4:25, 32; Lukas 14:5).

Bok: Bokke was baie belangrik vir nomades. Hulle vleis is geëet, hulle velle vir alles en nog wat gebruik (van waterbottels tot klere en skoene) en hulle hare is gevleg om matte te maak (Genesis 15:9; 27:9; 30:35; 37:31; Deuteronomium 14:4; Daniël 8:5; Levitikus 16:5; Matteus 25:33).

Buffel: Numeri 23:22; Jesaja 34:7; Job 39:12-15.

Bobbejaan: 1 Konings 10:22.

Bul: Esegiël 1:10.

Dassie: Levitikus 11:5; Deuteronomium 14:7.

Donkie: Die donkie was die pakdier van daardie tyd en is uit Noord-Afrika afkomstig (2 Konings 6:25; Jesaja 1:3; 32:20; Matteus 21:2, 5; Johannes 12:14).

Eland: Deuteronomium 14:5

Gemsbok: Deuteronomium 14:5; 1 Konings 4:23.

Haai: Psalm 74:14.

Haan: Matteus 26:34.

Haas: Levitikus 11:6.

Volgende keer gaan ons verder met die diere in die Bybel

 

Skrywer: Prof Jan van der Watt

 




Fauna en flora in die Bybel (8)

Fauna en flora in die Bybel (8) – Jan van der Watt

Neuteboord: Hooglied 6:11.

Olyf: Die olyfboom was een van die mees veelsydige bome van die antieke tyd. Die boom kon etlike honderde jare oud word. Dit is gewoonlik net elke tweede jaar geoes. Daar is groot stukke lap onder die boom uitgesprei en dan is die boom met stokke geslaan sodat die olywe op die lappe val. Dit het die boom so beskadig dat dit net elke tweede jaar geoes is. Die hout is vir ʼn wye verskeidenheid funksies gebruik en die olywe self vir nog meer (Genesis 8:11; Rigters 9:8; 1 Konings 6:23, 31; Hosea 14:7).

Palmboom: Eksodus 15:27; Numeri 33:9; 2 Kronieke 28:15; Hooglied 7:8; Johannes 12:13.

Plataan: Genesis 30:37; Jesaja 41:19; 60:13; Esegiël 31:8.

Populier: Genesis 30:37.

Seder: Die houtsoort kom in Libanon voor. Dit het ʼn pragtige rooi kleur en is geskik om te kerf. Salomo het dit in sy paleis en tempel gebruik (Rigters 9:14-15; 1 Konings 4:33; 6:15; 2 Kronieke 2:8; Jesaja 37:24; Esegiël 31:8).

Sipres: 1 Konings 6:15; 2 Kronieke 2:8; Jesaja 41:19; 55:13; 60:13; Esegiël 31:8.

Tamarisk: Dit was ʼn boom met sagte hout (Genesis 21:33; 1 Samuel 22:6; 31:13).

Vyeboom: Rigters 9:10-11; Jesaja 38:21; Matteus 21:19.

Wildevy: Amos 7:14; Lukas 19:4.

Wilgerboom: Psalm 137:1-5; Jesaja 44:4.

 

Skrywer: Prof Jan van der Watt