Gasvryheid: Foute wat gemeentes maak

“If we are people who come to the Church merely in order to get some personal help and no more, then we are the veriest babes in Christ” – Martin Lloyd-Jones

Gasvryheid: Foute wat gemeentes maak

Baie gemeentes het ‘n groot probleem. Besoekers kom ingestap; hulle kyk rond; woon die erediens by … en jy sien hulle nooit weer nie. Hoekom gebeur dit? Bill Tenny-Brittian sê dit is omdat die gemeente nie gasvryheid mooi verstaan nie. In die VSA keer net 15% van besoekers wat die gemeente vir die eerste keer besoek weer terug.

 

Watter foute maak gemeentes?

 

  • Jy vra jou besoekers om tydens die erediens op te staan

Besoekers wil nie voor die hele gemeente geïdentifiseer word nie – hulle wil nie opstaan, hulle wil nie hande opsteek nie, hulle wil nie spesiale naamkaartjies dra nie. As jy jou besoekers identifiseer sodat almal na hulle kan kyk – eintlik aangaap – is die kanse dat hulle sal terugkeer feitlik nul.

 

  • Ignoreer jou besoekers

Hulle wil nie voor die gemeente geparadeer word nie,, maar hulle wil darem ook nie behandel word asof hulle glad nie bestaan nie. Nee, praat met besoekers voor en na die diens en antwoord hulle vrae. Almal moet nou nie op hulle afstorm nie, maar moet hulle nie ignoreer nie.

 

  • Moenie jou besoekers verwar nie

Besoekers word maklik verwar. Hulle weet nie waar die ruskamers is nie; hulle weet nie wat al die afkortings wat ons gebruik, beteken nie; hulle weet nie wanneer om te staan en wanneer om te sit nie. As jy hulle verwar sal hulle iets anders kry om volgende Sondag te doen.

 

  • Maak dit moeilik vir besoekers om terug te keer

As die seën uitgespreek is aan die einde hardloop almal om by die huis te kom. En die besoeker? Hy staan daar onaangeraak deur enigiemand. Die indruk wat die besoeker kry, is dat niemand eintlik omgee of hy terugkeer of nie. Maak seker dat daar iemand is om na die diens met hulle te praat en alle inligting te gee. Dit is goed as iemand nog dieselfde dag by hulle ‘n draai kan maak en hulle uitnooi om terug te keer.

 

  • Maak dit moeilik vir besoekers om te verbind

Daar is baie dinge wat kan veroorsaak dat ‘n besoeker kan verbind: hulle geniet die erediens; hulle geniet dalk die praktiese instruksies aan die einde; hulle mag aanklank vind by ‘n spesifieke lidmaat. As hulle moet baklei om te verbind, sal hulle nie weer terugkom nie.

 

Natuurlik is daar baie ander probleme, maar as jy hierdie vyf kan uitskakel, het jy al ‘n hele ent gevorder.

 




Gasvryheid in die vroeë kerk

Be obedient even when you do not know where obedience may lead you. —Sinclair Ferguson

 

Gasvryheid in die vroeë kerk

Gasvryheid is die proses waardeur ‘n buitestaander se status van vreemdeling na gas verander word. Dit is nie iets wat ons vir familie en vriende doen nie, maar vir vreemdelinge. In die wêreld van die Bybel het sekere reëls gegeld. Gaste moes nie:

  • Hulle gasheer beledig deur enige vorm van vyandigheid of wedywering nie.
  • Die rol van die gasheer oorneem nie – deur byvoorbeeld vir jou tuis te maak sonder dat jy genooi is, deur bevele vir die afhankliks van die gasheer te gee.
  • Dit wat aangebied word (byvoorbeeld kos) te weier nie.

Gashere moes nie:

  • Hulle gaste beledig of ‘n vertoning maak van hulle gasvryheid nie.
  • Nalaat om hulle gaste se eer te beskerm nie.
  • Die behoeftes van die gaste ignoreer nie.

Destyds was aanbevelingsbriewe belangrik. Dit het die gas minder van ‘n vreemdeling gemaak. Om hierdie aanbevelingsbriewe te ignoreer, was ‘n belediging vir die persoon wat die brief geskryf het.

 

Is gasvryheid nog vir ons belangrik?




Gasvryheid – die goue reël

A test of your love for God is to examine your love for others.” Henry Blackaby

Gasvryheid – die goue reël

Ons het die goue reël so ‘n bietjie aangepas: “Ons sal aan ander doen soos ons aan onsself sou gedoen het … al daardie ander moet dus hou van dit waarvan ons hou!” Dit is beslis nie wat Jesus bedoel het nie.

 

As dit kom by gasvryheid moet die gemeente besluit of dit meer belangrik is om die gemeenskap te bereik of belangriker is om aan die lidmate se voorkeure en begeertes te voldoen. Organisasies wat bestaan vir hulle lede noem ons ‘n klub – nie ‘n gemeente nie. Die kerk bestaan uitsluitlik vir diegene wat nog nie hier is nie. Natuurlik moet die kerk relevant wees vir die lidmate, sodat  hulle die Groot Opdrag kan uitleef.

Die reëls van gasvryheid in die gemeente is: Jy sal nie:

  • Jou gaste in die verleentheid stel nie
  • Jou gaste verwar nie
  • Jou gaste ignoreer nie
  • Jou gaste oorweldig nie.

Dit klink vir ons ‘n bietjie vreemd. Kom ons kyk nader na hierdie vier punte:

Jy mag jou gaste in die verleentheid stel as:

  • Jy hulle tydens die diens identifiseer of uitsonder – “Laat al ons gaste opstaan sodat ons hulle kan groet.”
  • Hulle nie weet waar om die ruskamers te kry nie.
  • Almal om hulle die woorde wat opgesê moet word, ken behalwe hulle.
  • Almal om hulle staan of sit of kniel en hulle staan soos ‘n seer vinger uit.
  • Almal gesels met mekaar as hulle na die diens tee drink – behalwe hulle.
  • Hulle verdwaal in die gebou.

‘n Gas word verwar as:

  • Dit wat op die skerm verskyn nie is wat tans besig is om te gebeur nie.
  • Die res van die gemeente weet wat om te doen, net hulle nie
  • Hulle nie weet hoe om nagmaal te gebruik nie.

‘n Gas voel dat hy geïgnoreer word as:

  • Niemand met hom praat nie
  • Net die plekaanwysers met hom praat
  • Mense nie met hulle oogkontak maak nie
  • Selfs die leraar praat nie met hulle nie.
  • Niemand praat met hulle as almal na die tyd tee drink nie.

‘n Gas word oorweldig as:

  • Hulle tydens die diens geïdentifiseer en uitgesonder word.
  • Te veel mense op hulle afstorm om hulle te groet en te verwelkom
  • Daar van hulle verwag word om met vreemdelinge hande te houvas.

Hier is baie waarheid in baie van hierdie dinge.




Gasvryheid

 

Gasvryheid

  

Dit is juis ‘n omgewing van gasvryheid wat koue harte warm laat klop en mense na die evangelie toe lei. Is gasvryheid nog ‘n kenmerk wat ons kerke onderskei?