Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Inleiding

 

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Inleiding – Hennie Stander

Een van die grootste probleme wat Christene ervaar wanneer dit by die Bybel kom, is die kwessie van betekenis, m. a. w. hoe verstaan ‘n mens dit wat jy lees. Die Woord van God het op spesifieke plekke en op spesifieke tye na ‘n Joodse seun lees uit die Torah tydens ‘n bar mitzvah plegtigheid by die Westelike Muur in Jerusalem

Inleiding

 

Die ander aspek rakende die inleef in die situasie van die Bybelse persone, behels ‘n “gevoel” vir dit waarna woorde en uitdrukkinge in die Bybel verwys, d.w.s. om vir jouself ‘n beeld daarvan te kan vorm. Om so ‘n “gevoel” te kry, moet ons onsself kan indink in die Bybelse.:konteks deur onsself te sien in hul huise, op die platteland en op die markplekke, en wel soos dit in die Bybelse era gelyk het. Met hierdie boek het ons probeer om die leser ‘n gevoel vir die Bybelse tye te gee sodat die hele Bybel daardeur meer lewendig kan word.

     

Gelukkig vir ons het die lewenswyse van die “mense van die Bybel” vir honderde jare redelik konstant gebly met die gevolg dat ons selfs in die twintigste eeu die Bybelse lande kan besoek en enkele dinge kan sien wat eeue gelede feitlik net so gebeur het. Maar die lewenswyse van die antieke mense is ook opgeteken in dit wat hulle geskryf en gemaak het, asook in kunstonele – ja, selfs in hul rommel. Dit is dan juis deur die bestudering van hierdie bronne dat dit vir ons moontlik word om iets te kan-beleef van hoe dit in die Bybelse tye was.

 

Die kultuur van die mense van die Bybel was ryk en divers. In die sogenaamde Vrugbare Halfmaan (destyds meer boomryk as vandag) tussen die Middellandse See en die Persiese Golf, was daar ‘n groot verskeidenheid van kulturele gebruike. Die lewenswyse van die armes was nie dieselfde as die lewenswyse van die rykes nie; die lewenswyse in die warm vallei van die Jordaanrivier het verskil van die lewenswyse op die  

Hierdie boek word in twee groot dele verdeel:

  1. Die individu in die gesinslewe. Dit sluit dinge soos kleredrag, woonplekke, die familie, opvoeding, landbou, voedsel, vakmanne, ens. in.
  2. Nasionale instellings en gewoontes soos stede en dorpe, reise, gasvryheid, oorlog, ontspanning, regering, godsdiens, ens. in.

 

Skrywer: Prof Hennie Stander

 




Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Wenke aan die Leser

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Wenke aan die Leser –  Hennie Stander

Hierdie boek probeer om by elke item wat behandel word, na toepaslike gedeeltes uit die Bybel te verwys. Die inhoud van hierdie gedeeltes word gewoonlik nie woordeliks herhaal nie. Daarom is dit noodsaaklik dat die leser ‘n Bybel byderhand sal hê om elke keer die verwysing na te slaan. So sal jy ‘n volledige verduideliking van die saak kry. Hoewel hierdie boek ‘n deurlopende geheel maak en jy vir vinnige lees kan klaarkom sonder om dieBybelgedeeltes na te slaan, moet jy besef dat jy baie gaan verloor as jy dit nie doen nie. Die naslaan van die teksverwysings in die Bybel sal vir joutegelykertyd baie handige Bybelstudiemateriaal bied: Op hierdie manier kan die boek heel goed deur Bybelstudiegroepe gebruik word.

Jy sal nog meer nut uit hierdie boek kry as jy verskillende Afrikaanse en. Engelse vertalings gebruik, maar dan moet jy net op twee sake let. Eerstens, veral in die Ou Testament, mag die nommers en volgorde van versies in sommige Bybelboeke van mekaar verskil. Tweedens, die woorde en uitdruk­kinge in Bybelvertalings verskil. Die raakpunt van die verwysing mag dus dalk in een vertaling duideliker as in ‘n ander wees,

 

In enkele gevalle word daar ook uit die Ou Testamentiese Apokriewe boeke aangehaal wat jy in sommige Engelse Bybelvertalings ingesluit kan vind. Hoewel Apokriewe boeke deur baie kerke nie as gesaghebbend vir leerstellings gebruik word nie, gee hulle tog waardevolle inligting oor gebruike en gewoontes van die antieke wêreld.

 

Hierdie boek bevat ook gedeeltes met inligting wat die toeris in moderneIsrael nuttig sal vind omdat die agtergrond van al die gebruike en gewoontes wat in hierdie boek behandel word, vir jou ‘n beeld sal gee van die destydse wêreld. Dit sal jou ook help om inligting van sommige toergidse versigtig te beoordeel.

 

Alhoewel hierdie boek ‘n nuutgeskrewe Afrikaanse teks bevat, gebruik dit die fotomateriaal van die boek The New Manners and Customs of Bible Times van Ralph Gower met toestemming van The Moody Bible Institute of Chicago. Die fotomateriaal het die huidige skrywers aan die opset en uitleg van die oorspronklike boek gebind, maar die Afrikaanse weergawe verskil aansienlik van die Engelse teks omdat dit van nuwe kennis en inligtings­bronne oor die antieke wêreld gebruik maak.

 

 

Skrywer: Prof Hennie Stander