Tagged: Geloofsvrae

image_pdfimage_print

Geloofsvrae: Jesus Christus: Aardse optrede (5)

Geloofsvrae: Jesus Christus: Aardse optrede (5) – Adrio König

Selflose diens

‘n Ander aangrypende faset van Jesus se aardse optrede is sy nederige diens.

Die eis van selflose diens wat Jesus aan sy volgelinge stel, is baie hoog. Daar is ‘n sin waarin Hy byna deurgaans die OT radikaliseer. Dele van die bergrede is goeie voorbeelde. Hy eis dat ons getrouheid aan die wet meer inhou as dié van die Fariseërs.

Geloofsvrae: Jesus Christus: Aardse Optrede (4)

Geloofsvrae: Jesus Christus: Aardse Optrede (4) – Adrio König

Die duiwel en die bose magte

Die apokaliptiese (`bonatuurlike’) agtergrond van Jesus se prediking en optrede maak ook vir ons duidelik waarom die duiwel in die NT in ‘n nuwe gestalte optree. Ons vergeet soms dat daar tussen die OT en die NT ‘n baie duidelike ontwikkeling was in die siening van die duiwel.

Geloofsvrae: Jesus Christus: Aardse Optrede (2)

Geloofsvrae: Jesus Christus: Aardse Optrede (2) Adrio König

Die koninkryk van God

Waarvan lees ons meer dikwels in die Sinoptiese Evangelies as van die wonderwerke van Jesus? Byna ‘n derde van die Evangelie van Markus is beskrywings van sy wonderwerke. En in die meeste gevalle sluit dit optrede teen bose magte in. Trouens Petrus kan Jesus se bediening soos volg opsom: Hy het `almal gesond gemaak wat onder die mag van die bose was,’ en Johannes: `Die Seun van God het juis gekom om die werke van die duiwel tot niet te maak’ (Hand 10:38; 1Joh 3:8).

image_pdfimage_print