Tagged: Gesinne

image_pdfimage_print

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (7)

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (7) – Jan van der Watt

Waardes was groepwaardes

Die oproep in Jakobus 4:11 om nie vir jou broer kwaad te word nie, wil juis die groep beskerm, want as jy iemand in die groep skade aandoen, beskadig jy eintlik so die hele groep. In die lig hiervan moet ons ook die opsomming van die wet sien.

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (6)

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (6) – Jan van der Watt

Waardes was groepwaardes

Die groep het die waardes en gedrag van die individu bepaal. Die individu was absolute lojaliteit aan die groep verskuldig. Hulle moes hulle eie belange ondergeskik aan die belange van die groep stel en moes selfs bereid wees om die groep met hulle eie lewe te beskerm.

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (5)

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (5) – Jan van der Watt

Destydse families was ook uitgebreide families. Die werksmense en slawe is as deel van die familie gesien. Die familie moes ook vir hulle sorg en hulle moes lojaal teenoor die familie bly. Daarom word slawe of werkers wat nie goeie werk doen nie, kwaai veroordeel (Matteus 24:45-50). As hulle verkeerd werk, laat hulle die hele groep in die steek.

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (4)

Gesinne en waardes in die Bybelse tyd (4) – Jan van der Watt

Kinders was die krag van ʼn gesin, veral seuns. Kinders is gesien as “ontluikende persoonlikhede”. Dit beteken dat hulle soos ʼn leë glas is: die basiese karaktertrekke is daar, maar deur onderrig in die familie moes die glas volgemaak word.

image_pdfimage_print