Bewaak jou hart

The words a father speaks to his children in the privacy of the home are not overheard at the time, but, as in whispering galleries, they will be clearly heard at the end and by posterity. –Jean Paul Richter, skrywer (1763-1825)

Bewaak jou hart

Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorsprong van die lewe (Spreuke 4:23 – OAV).

Hoeveel ouers het nie al hierdie teks gebruik om hulle kinders te waarsku nie – veral as hulle die eerste keer met ‘n vriend uitgaan. Natuurlik roep die Skrif ons op om ons teen die bose te beskerm: Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers (Spreuke 4:25).

 

C. S. Lewis in The Four Lives waarsku teen die gevaar van jou hart te styf vas te hou:

Om lief te hê, is om kwesbaar te wees. As jy iets liefhet, kan jou hart seerkry en selfs gebreek word. As jy wil seker maak jou hart bly heel, moet jy dit vir niemand gee nie – selfs nie eers ‘n dier nie. Draai dit versigtig toe met stokperdjies en klein luukshede; vermy klein verstrikkings. Sluit dit dig op in die lykskis van jou selfsugtigheid. Maar in daardie kis, veilig, donker, onbeweeglik, sonder  lug sal dit verander. Dit sal nie gebreek word nie; dit word onbreekbaar, ondeurdringbaar, verlore. Om lief te hê, is om kwesbaar te wees.

As ons bang is dat ander mense ons dalk mag seermaak, verbeur ons dikwels die vermoë om lief te hê. Ons isoleer onsself van die wêreld. Bewaak jou hart word nou ‘n manier om ons teen moontlike seerkry te beskerm.

Wat moet ons dan doen? Gee jou breekbare hart aan God oor. As ons die verantwoordelikheid om ons harte te bewaak self oorneem, mag ons hulle toesluit sodat hulle nooit deur deernis vir ander gebreek kan word nie.




Jou hart

Jou hart

(Spreuke 4:23).

Wat is die boodskap wat hierdie stelling wil oordra? Hoe moet ons versigtig wees?

 

Maar hoe sorg ons vir ons harte?

  • Ons bid gereeld dat God in elke gedagte en interaksie van ons teenwoordig sal wees.
  • Ons oefen sodat die hart wat die bloed deur ons liggame pomp gesond sal bly. Dit is die hart wat ons aan die gang en aan die lewe hou.
  • Ons sit met ander manne wat wyser as ons is – vriende, ouers, mentors en terapeute. Daar is absoluut niks mee verkeerd om na terapeute te gaan nie.

Gebed, oefening en wyse raad verseker dat ons dit wat ons hele lewe bepaal – die hart – oppas. Is jy versigtig met wat in jou hart omgaan?

Met hart en siel

Met hart en siel – Francois Malan

Dolf Dreyer vra:

Ons moet God liefhê met ons hele hart, siel en verstand. Wat is die verskil tussen “hart” en “siel”?

Antwoord:
Dr Francois Malan antwoord:

Die liefdesgebod in Markus 12:30,32 lui

Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou

hele verstand en met al jou krag

Daarvan het Matteus 22:37 drie genoem:

Hart, siel en verstand

Lukas 10:27 noem al vier: hart, siel, krag, verstand.

 

Jesus gebruik hier Deuteronomium 6:5,6 se:

Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou

krag. Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het moet in jou gedagtes (letterlik:

hart) bly.

Wat in die Griekse vertaling van die Ou Testament (Septuaginta) vertaal is as:

Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele denke, en met jou hele siel en met al

jou krag. En hierdie woorde, alles wat Ek jou vandag beveel, moet in jou hart en

in jou siel wees.

 

Die Hebreeuse woord ‘hart’ in die Ou Testament het baie betekenisse: die fisiese hart, die setel van jou lewenskrag, die setel van jou emosies, jou geneigdheid, jou wil of bedoeling, jou verstand, jou hele denke, jou gewete, jou lewe.

Die Griekse woord vir ‘hart’ in die Nuwe Testament word slegs figuurlik gebruik vir die bron van jou innerlike lewe, jou denke.

Die Hebreeuse woord vir ‘siel’ in die Ou Testament se betekenisse is o.a. die letterlike keel, asem, jou lewe, jou persoon, jou persoonlikheid, ʼn mens,  jou emosies soos jou verlange, jou buie, jou wil.

Die Griekse woord vir ‘siel’ in die Nuwe Testament dui jou binneste aan: denke, gedagtes, gevoelens, wese; jou lewe, jou persoon.

Die betekenisse van die twee woorde ‘hart’ en ‘siel’ loop oormekaar. Terwyl ‘hart’ die bron van die denke en gesindheid van die mens beklemtoon, lê die klem met ‘siel’ miskien meer op die uitwerking daarvan op jou persoon en jou lewe. ‘Al jou kragte’ verwys dan meer na jou toepassing daarvan in jou optrede en dade. Maar die liefdesgebod wil eintlik onderstreep dat jy, die hele mens, met al wat jy is en het, die Here moet liefhê.

In Handelinge 4:32 word gesê: die groot getal wat gelowig geword het, was een van hart en siel. Niemand het sy goed vir net homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel.

Met ‘hart en siel’ word die eengesindheid van die gelowiges uitgedruk, dit wat jou lewenswyse bepaal.

Outeur: Dr Francois Malan