Tagged: JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE

image_pdfimage_print

JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE (3)

JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE (3) – Jan van der Watt

deel 2 – Wat is die betekenis van die kruis volgens Paulus en Johannes?

Die kruis, wat eintlik in daardie tyd ‘n skande was, het die sentrum van die boodskap van die Christene geword. Dit was die plek waar die verlossing werklikheid geword het. Wat beteken die kruis volgens die Nuwe Testament vir ons?

 

JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE (2)

JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE (2) – Jan van der Watt

Daar is ‘n hele klomp interessante dinge wat rondom die kruisiging van Jesus gebeur het:

 

  • Die tyd van Jesus se dood: Jesus is met die Joodse paasfees dood – dit was waarskynlik die belangrikste fees van die Jode. Hulle het toe veral die verlossing van die volk deur God uit Egipte gevier. Die politiese atmosfeer was ook kwaai gelaai, want daar het duisende Jode in Jerusalem saamgetrek vir die fees. Dit is die rede waarom Jesus en sy dissipels in die tuin van Getsemane gaan slaap het.

JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE (1)

JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE (1) – Jan van der Watt

Die kruis van Jesus vorm saam met die opstanding die kern waarrondom die identiteit van Jesus en die Christendom oor die eeue gebou is. Dit het oor die jare heen ook die vis (wat oorspronklik die belangrikste teken van die Christene was) as hoofteken vir die Christendom vervang. Dit is eintlik ‘n onwaarskynlike verloop van gebeure, aangesien ‘n koning of Messias wat aan ‘n kruis dood is (‘n skandelike dood) nie vir die destydse mense na die ideale messias sou klink nie.

 

image_pdfimage_print