Tagged: Jesus

image_pdfimage_print

Geloofsvrae: Jesus Christus: Aardse Optrede (4)

Geloofsvrae: Jesus Christus: Aardse Optrede (4) – Adrio König

Die duiwel en die bose magte

Die apokaliptiese (`bonatuurlike’) agtergrond van Jesus se prediking en optrede maak ook vir ons duidelik waarom die duiwel in die NT in ‘n nuwe gestalte optree. Ons vergeet soms dat daar tussen die OT en die NT ‘n baie duidelike ontwikkeling was in die siening van die duiwel.

Geloofsvrae: Jesus Christus: Sy maagdelike geboorte

Geloofsvrae: Jesus Christus: Sy maagdelike geboorte – Adrio König

Sy maagdelike geboorte

Die maagdelike geboorte van Christus het gedurende die laaste eeu of meer onder sterk kritiek gekom. Daar is gewys op die feit dat net twee evangelies daarna verwys, en dat dit van Jesus ‘n soort halfmens/wondermens maak terwyl dit juis sy volle menslikheid is wat vir ons heil belangrik is.

Geloofsvrae: Jesus Christus: Sy goddelikheid

Geloofsvrae: Jesus Christus: Sy goddelikheid – Adrio König

Die goddelikheid van Christus (Christologie van bo)

In die oudste belydenisse van die kerk en in die tradisionele benadering is veral van bo na Christus gekyk: in terme van sy goddelike oorsprong. Die blote feit dat daar altyd van sy menswording gepraat is, beteken die uitgangspunt was sy goddelike oorsprong: die Seun van God het ‘n mens geword, en nie: die mens Jesus van Nasaret het die Seun van God geword nie. Daarom is sy goddelikheid altyd sterker as sy menslikheid beklemtoon.

Geloofsvrae: Jesus Christus: Sy persoon en werk

Geloofsvrae: Jesus Christus: Sy persoon en werk – Adrio König

JESUS CHRISTUS

Ons gaan nou ‘n hele aantal artikels wy aan Jesus Christus.

Sy persoon en werk – verskillende benaderings

Jesus Christus is tegelyk die maklikste en die moeilikste onderwerp in ons geloof om oor te skryf. Daar is so oneindig baie om oor Hom te sê dat ons ‘n rykdom op tafel kan sit. Maar presies waar begin ‘n mens en presies hoe sê jy dit alles, en hoe besluit ‘n mens wat om uit te laat omdat die hele boek nie net oor Hom gaan nie?

image_pdfimage_print