Leuens oor die kerk

 “Because Christian’s never leave off sinning, they can never leave the Gospel” – Spurgeon.

 

Leuens oor die kerk

 “One hundred religious persons knit into a unity by careful organization do not constitute a church any more than eleven dead men make a football team. The first requisite is life, always.” – A. W. Tozer

 

Daar is ‘n paar leuens oor die kerk wat algemeen geglo word. Kom ons kyk na ses van hulle:

  • Kerk is opsioneel

Hierdie is die alleenloper gelowiges. Hulle het dikwels in die kerk seergekry en daarom is hulle uit. Dan die ontdekking: Ons is die kerk. As die Bybel na die kerk as die huis van God, of die liggaam van God of  Christus se bruid verwys, verwys dit na mense. Die ekklesia in Grieks is nie ‘n plek of gebou nie – dit is ‘n byeenkoms van mense.

  • Ons gaan kerk toe

As ons die kerk is, kan ons tog nie kerk toe gaan nie. Ons gaan nie Sondae kerk toe nie – ons gaan na ‘n byeenkoms van gelowiges toe.

  • Die kerk is daar vir diegene wat “verlore en ongered” is

Die kerk is ook daar vir die gelowige – om hom toe te rus en te bemagtig vir die taak wat God hom gegee het.

  • ‘n Kleingroep of Bybelstudiegroep is aanvaarbaar as vervanging van die “kerk”

Die kleingroep is in werklikheid wat kerk behoort te wees. Daar is natuurlik baie waarheid daarin, maar  ons dink …

  • Om saam met ‘n groepie individue, net soos ons,  bymekaar te kom, is kerk

Dit is ongelukkig wat kleingroepe en Bybelstudiegroepe ons geleer het. Dit is nie wat Jesus bedoel het  toe Hy van die familie van God gepraat het nie. Families bestaan uit allerhande soorte mense van verskillende ouderdomsgroepe – nie almal net soos ons nie. Kerk is almal van ons – die hele diverse groep.

  • Ons moet die kerk groei

Ons kultuur is verbruikersgedrewe en “groter is beter.” Daarom glo baie Christene dit is hulle taak om die kerk te groei. 1 Korintiërs maak dit duidelik dat party van ons plant en ander gooi nat, maar dit is God wat laat groei. Ons is medewerkers wat aan Hom behoort, maar Hy is verantwoordelik vir die groei.

 

Stem julle saam met hierdie leuens of is dit oordrewe.

 




Ek is geregtig op …

”The preacher is not a chef; he’s a waiter. God doesn’t want you to make the meal; He just wants you to deliver it to the table without messing it up. That’s all.” ~ John MacArthur

 

Ek is geregtig op …

Ek is geregtig op dit of dat beteken eintlik dat ek beter verdien as wat ek tans het. Die moderne fokus op menseregte ondersteun dit. Dit is so alomteenwoordig dat dit selfs ons verhouding met God versteur.

As ons “goeie Christene” is dink ons dat God aan ons ‘n goeie lewe verskuldig is – ek is daarop geregtig. Ons word selfs kwaad as dinge  nie volgens ons planne verloop nie.

 

Ons moet meer dikwels aan genade dink. As ons eers besef dat ons niks verdien nie, sal ons die wonderlike genade van God waardeer. Luister na Jakob se gebed in Genesis 32: Ek is al u gunsbewyse nie werd nie, ook nie die trou waarmee U my versorg het nie. Toe ek destyds deur die Jordaan is, het ek net my kierie gehad, en nou het ek hierdie twee groot groepe. Ons kan nou sê dat Jakob ‘n bedrieër was en niks goeds verdien het nie. Die probleem is dat ons nie beter as Jakob is nie. As ons dit verstaan sal ons meer dankbaar teenoor God wees vir al sy seëninge … en meer tevrede. Dan sal ons ophou om te glo dat ons op sekere dinge geregtig is.

 

 




Die Apostoliese Geloofsbelydenis (10)

Where Christ is truly preached, there is the gospel; and where the gospel is truly believed, there is the church. —Mark E. Ross

 

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (10)

Ons gaan hierdie jaar begin deur meer in diepte na die Apostoliese Geloofsbelydenis te kyk. Ek gaan onder andere van Derek Vreeland se Primal Credo (2011) gebruik maak.

 

Die kerk: Ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges.

 

Ons gemeenskappe staan vol kerkgeboue. Om saam met mede-volgelinge van Jesus in ‘n spesiale plek bymekaar te kom, is belangrik vir ons geestelike groei. Dit is ‘n sigbare herinnering dat daar meer aan die lewe is as besigheid, inkopies, vermaak, ens. Ongelukkig kan die gebou ons fokus van wat die ware kerk moet wees, wegtrek. Die kerk is mense.

 

In die ware kerk staan die Heilige Gees sentraal – in ons vergaderings, missie en gebede. Jesus is aan die werk om deur die Heilige Gees sy kerk uit te bou en hiervoor gebruik Hy  mans en vrouens as boumateriaal. Petrus stel dit so: Laat julle as lewende stene opbou tot ‘n geestelike huis, om ‘n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is (1 Petrus 2:5). In hierdie heilige priesterdom dien ons as God se verteenwoordigers op aarde. N. T . Wright stel dit so: As priests, we are bringing the presence of God into the wider world, carrying forward the mission of declaring God’s powerful and rescuing acts, and beginning the work of implementation the messianic rule of Jesus in all the world.

 

Dit skep vir ons ‘n probleem. Baie mense sien die kerk as die plek waar jy vriende ontmoet en so ‘n ietsie van God leer. Hierdie is ‘n selfsugtige motivering – ons wil ons begeertes gedryf deur ons verbruikersmentaliteit bevredig. Wat nodig is, is dat ons ons priesterlike identiteit aanvaar en God deur die plaaslike gemeenskap dien.

 

In die afwesigheid van die Heilige Gees se teenwoordigheid in die kerk, is die kerk stil en sonder lewe. Plaaslike gemeentes moet aanpas soos die kultuur om ons verander. Kerke moet verander om getrou aan Jesus, sy boodskap en sy verhaal te bly. Hierdie kerk wat voortdurend verander, is, volgens die belydenis, ‘n heilige kerk. Heiligheid beteken nie ons kom al die reëls na nie; heiligheid beteken ons word meer soos God: Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is (Matteus 5:48). Dit maak die kerk anders as die kultuur waarin ons leef. Daarom moet die kerk anders as die wêreld lyk – die kerk leef volgens ander waardes.

 

God het die kerk tot stand gebring om vir die wêreld te wys hoe ons moet leef – verhoudings, die huwelik, die gesin, geregtigheid ens. Ongelukkig word die kerk so dikwels deur interne struwelinge gekenmerk. Dit vereis nederigheid en selfopoffering. Sien die samelewing reg en geregtigheid in die kerk?

 

Die kerk is ook ‘n algemene kerk. Dit beteken ons glo aan ‘n groter kerk as net ons eie plaaslike gemeente. Dit bestaan uit mense dwarsoor die wêreld wat in Jesus glo, die Skrif liefhet en die belydenis aanvaar. Maar wat van al die verskillende denominasies? Die belydenisse is die basis waarop ons die eenheid in die kerk behou. Ons kan verskil oor kerkleierskap of die vorm van openbare aanbidding, ens. Ons mag egter nooit toelaat dat hierdie nie-noodsaaklike elemente die belangrikste elemente in die lewe van die kerk word nie.

 




Die kerk (6)

The invisible and incomprehensible essence of God, to a certain extent, is made visible in his works. It is plain that the Lord has furnished every man with abundant proofs of his wisdom – Calvyn

 

Die kerk (6)

Ben Witherington III skryf ‘n artikel oor die anti-kerk retoriek wat vandag so algemeen is. Ons stel vandag graag die kerk teenoor Jesus of die kerk as instelling teenoor organiese modelle – huiskerke, ens. So kry ons die “ek is geestelik, maar nie godsdienstig nie” beweging of “ek het Jesus, maar nie die kerk lief beweging.”

Kom ons begin met ‘n paar definisies:

  • Die kerk is God se kinders wat vir aanbidding, gemeenskap en diens bymekaar kom. Dit is nie ‘n gebou of instelling nie. Natuurlik het enige kerk ‘n plek nodig om bymekaar te kom en ‘n mate van organisasie en struktuur nodig, maar dit is nie die Nuwe Testamentiese kerk nie. Dit is juis as die geboue, strukture, organisasie en instelling van die kerk as heilig gesien word dat ons probleme kry.
  • Ekklesia beteken vergadering. Een persoon is nie ‘n kerk nie Daar moet ‘n element van bymekaarkom vir aanbidding, gemeenskap en diens wees voor dit ‘n kerk is.

 

As Protestante beklemtoon ons ons persoonlike verhouding met Christus – individuele vroomheid en toewyding. Dit geskied dikwels ten koste  van groepsidentiteit en groepeenheid. Daarom al die verskillende groeperings in die kerk.

 

Ons blameer so dikwels die strukture van die kerk, maar mense het hulle daargestel – mense hou hulle in stand. Ons moet in die spieël kyk. Onthou wat Pogo gesê het: ‘I have seen the enemy, the enemy is me.’

 

Om sake te vererger, word die samelewing meer Bybel-ongeletterd. Wat ons beslis nie nodig het, is ‘n vermindering in Bybelonderrig nie. Ons het ook nie arrogansie nodig – mense wat sê: “Ek kan dit alles op my eie leer” nie.

 

Ons moet begin besef dat dit ons niks help as ons die kerk aanmekaar slegsê nie. Dit is die liggaam van Christus en dit het strukture en organisasie nodig.