Het ons ons godsdiens afgewater? Die kerk (3)

 “Though we travel the world over to find the beautiful, we must carry it with us, or we find it not.” Ralph Waldo Emerson

Het ons ons godsdiens afgewater? Die kerk (3)

Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se  Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.

Dit is interessant dat Jesus Christus self net twee maal oor die kerk praat:

 

  • Matteus 16: Na Petrus se belydenis dat Jesus  die Christus, die seun van die lewende God is, sê Jesus vir hom: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
  • Matteus 18: Jesus gee hier leiding oor die hantering van ‘n broer wat sondig – hoe hanteer jy dissipline in die gemeente.

Dissipline is nie iets waarvan ons hou nie en word vandag baie selde toegepas. Ons glo dit is ‘n slegte idee en kry baie redes om dit te verontagsaam. Dan haal ons graag Matteus 7:1 aan: Moenie oordeel nie,sodat oor julle nie geoordeel word nie.  Wie is ek nou om te oordeel? Al wat sal gebeur is dat die mense die kerk verlaat. Natuurlik kan dissipline wat verkeerd hanteer word baie maklik in wettisisme ontaard. Ons glo dat wat mense doen tussen hulle en God is en niks met ons te doen het nie. Dit is hulle besluit en hulle verantwoordelikheid.

Nothing can be more cruel than the tenderness that consigns another to his sin. Nothing can be more compassionate than the severe rebuke that calls a brother back from the path of sin (Dietrich Bonhoeffer) Maar wat van Matteus 7:1? Hier is dit duidelik dat jy eers die balk uit jou eie oog moet haal. Hoekom? Dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog te haal. Jy moet nog altyd die splinter uit jou broer se oog haal.

Dit is duidelik dat Christene verantwoordelikheid moet aanvaar vir ander se sonde. Daarna kyk ons volgende keer verder




Het ons ons godsdiens afgewater? Die kerk (2)

Sermons are dangerous things. None goes out of church as he came in, but either better or worse. —George Herbert

Het ons ons godsdiens afgewater? Die kerk (2)

Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se  Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.

Ons het die nou band tussen Jesus Christus en die kerk gesien. Maar: Wat is die kerk? Meeste mense sal onmiddellik wys na ‘n gebou. Ons gaan kerk toe – na die gebou.

Ons gaan selfs so ver om kerke te klassifiseer volgens die programme wat hulle aanbied. Maar geboue en programme is verbruikersgoedere wat gebruik word om kliënte te lok.

In die Nuwe Testament sien ons nooit dat die kerk as ‘n fisiese gebou beskryf word nie. Ons lees wel dat die kerk van Christus ‘n liggaam is met baie lede – ‘n gesin van broers en susters wat lief is vir mekaar. Die kerk is mense wat Jesus Christus dag vir dag met mekaar deel. Die model is Jesus Christus en sy dissipels – Hy het hulle liefgehad, gedien, onderrig, bemoedig, reggehelp en saam met hulle gereis. Net so moet die volgelinge van Jesus Christus langs mekaar leef. Hulle gee om vir mekaar; hulle het mekaar lief; hulle eer mekaar; hulle onderrig, vergewe, motiveer en bou mekaar op; hulle huil en lag saam … Hierdie is nie die beeld van mense wat na ‘n gebou vol programme kom nie. Dit is eerder die beeld van mense wat besluit het om hulle lewens neer te lê om mekaar lief te hê.

Die kerk is die gemeente van Jesus Christus wat mekaar liefhet en verlang dat hulle in hulle kennis van God sal groei. Die kerk is ‘n gemeenskap, maar ‘n andersoortige gemeenskap. Volgende keer kyk ons daarna.




Het ons ons godsdiens afgewater? Die kerk (1)

The real measure of our wealth is how much we’d be worth if we lost all our money. —John Henry Jowett

Het ons ons godsdiens afgewater? Die kerk (1)

Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se  Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.

Kan ek aan Jesus Christus behoort, maar los van die kerk staan? Volgens die Bybel is dit onmoontlik. Dit beteken nie dat as ek by die kerk aansluit ek ‘n Christen is nie.

As ek saam met Jesus Christus lewe, lewe ek saam met sy kinders. Ek kan nie ‘n dissipel van Jesus Christus wees sonder om my aan sy kinders/familie toe te wy nie. Ons lees tog dat die kerk die bruid en liggaam van Jesus Christus is. Hoe kan ons nou vir Jesus Christus liefhê sonder om ook sy bruid en liggaam lief te hê?

Kyk net na Saulus op pad na Damaskus om die Christene daar te vervolg. Daar sien hy ‘n helder lig en hoor ‘n stem: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Toe Saulus vra wie dit is wat praat, kom die antwoord: Ek is Jesus … Dit is vir My wat jy vervolg. Saulus vervolg die kerk, maar Jesus sê dat hy Hom vervolg.

Dit is baie duidelik dat daar ‘n baie noue verband tussen Jesus Christus en die kerk is. Maar wat is die kerk? Daarna kyk ons volgende keer.




Is die kerk nog Christelik?

“As a moth gnaws a garment, so doeth envy consume a man.” ~ St. John Chrysostom

Is die kerk nog Christelik?

‘n Baie snaakse vraag om te vra. Michael Horton ( Christless Christianity) sê dat hy soms die gevoel kry dat baie leraars in die Bybel soek vir aanhalings wat by hulle preek pas – verder is die Bybel irrelevant. Dit is tog sekerlik ‘n oordrywing. Maar kom ons kyk van nader  na die kerk vandag:

 

  • God is vir ons ‘n persoonlike hulpbron – nie meer iemand wat ons ken, vertrou en aanbid nie.
  • Jesus Christus is ‘n lewensafrigter met ‘n baie goeie wedstrydplan vir ons oorwinning – nie meer ons Verlosser wat alles reeds vir ons gedoen het nie.
  • Verlossing verwys na ‘n goeie lewe nou – nie meer na ons Verlosser van God se oordeel nie.
  • Die Heilige Gees is ‘n elektriese prop wat ons inprop wanneer ons krag nodig het.

Die kerk in die Weste word toenemend ‘n kultuurinstelling wat nog slegs ‘n sentimentele band met Jesus Christus het. Ons het nie meer baie krag vir Paulus se boodskap nie: Ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ‘n aanstoot en dit die ander is dit onsin (1 Korintiërs 1:23). Die kerk kan tog nie ‘n aanstoot wees nie, want dit bots met ons verbruikerskultuur waar aanvaarbaarheid deur ander mense belangrik is.

Speel Jesus Christus die hoofrol in die kerk of net ‘n ondersteunende rol? Het ons boodskap nie niksbeduidend, sentimenteel en irrelevant geword nie? Wat soek ons vandag by God? Geluk of vermaak? Verlossing of ons terapeutiese welstand? Roeping of pragmatiese sukses gemeet aan getalle – kerkbywoning, begroting, ens – nie? Is daar iets in die kerk wat ons nie by Dr Phil of Oprah kan kry nie?

Hoe meer ek hieroor nadink, hoe meer kom ek tot die gevolgtrekking dat hier baie waarheid hierin steek. Is die kerk daar om mense tevrede te stel of om mense op te roep om weer te besef wat God reeds in Jesus Christus vir ons gedoen het? Ons dra armbandjies – WWJD – What Would Jesus Do. Moet ons hulle nie vervang met WHJD – What Has Jesus Done – nie?

 Blog57c

“As a moth gnaws a garment, so doeth envy consume a man.” ~ St. John Chrysostom