Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Kleredrag(2)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Kleredrag(2) – Hennie Stander

Die gordel:

Die onderkleed.is om die persoon se middellyf met ‘n gordel vasgemaak wat vanvertaling met “.beursie vertaal word, beteken eintlik gordel). Hierdie gordel was baie handig en ‘n mens kon ook wapens of ander werktuie daarin steek (1 Samuel 25:13).

hierdie uitdrukking het later ‘n idioom geword met die betekenis van “jouself in gereedheid te bring”. Petrus, byvoorbeeld, vermaan die Christene om heldere en nugtere denke aan die dag te lê wanneer by hulle aanraai om “die lendene van hul verstand te omgord” (1 Petrus, 1:13). Ook die vrouens het die pant van hul onderkleed opgelig wanneer hulle iets van een plek na ‘n ander daarin wou dra.

Die bokleed (of mantel)

‘n Mantel het bestaan uitis en bo-oor die onderkleed gedra is. So ‘n mantel kon een van twee soorte wees. In gebiede waar daar behoefte was aan warm bedekking, is n omhangsel van dik wolstof gemaak. Dit was by die skouers. vasgewerk met splete aan die kant vir die arms. Die ander vorm van ’n .mantel het byna soos ‘n japon gelyk en het wye moue gehad. Mantels van systof gemaak was as baie kosbaar beskou en die rykes het dit gedra wanneer hulle in die openbaar verskyn het.

Die soom van die mantel kon ongetooid of ook geborduurd wees. Die ongetooide soom was die algemene gebruik. Dit was waarskynlik hierdie soom van Jesus se kleed wat die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, aangeraak het (Matteus 9:20).

 

‘n Leersandaal uit die eerste eeu n.C. gevind in die Masada vesting.

 


In navolging van Numeri 15:38-41 het die Fariseërs se mantels some gehad met tossels wat aan die vier hoeke vasgemaak is. Hulle het dikwels ook die soom en die tossels baie prominent en opvallend gemaak om daardeur die aandag op hul piëteit te vestig. Dit was dan juis ook hierdie grootdoenerigheid van hulle waarteen Jesus horn uitgespreek het (Matteus 23:5).

 

Hierdie mantel is ook as kombers gebruik. Snags het die mense hulle daarin toegewikkel en vir baie mense was hierdie kleed die enigste vorm van beskerming wat hulle gehad het. Gevolglik, in gevalle waar so ‘n mantel verpand is, was die houer daarvan verplig om dit aan die eienaar terug te gee voor sononder sodat laasgenoemde daarin kon slaap (Eksodus 22:26-27). Om hierdie selfde rede sou ‘n Joodse hof nooit op iemand se mantel beslag nie.

 

Skoeisel

Die armes het dikwels kaalvoet geloop, maar ander weer het eenvoudige sandale gedra. Die sool daarvan is van beesvel gemaak om by die vorm van die voet te pas. Dit is aan die voet vasgemaak deur ‘n lang riem wat deur die sool gegaan het, tussen die groottoon en die toon langsaan deur, en dit is dan om die enkel vasgebind (vgl Lukas 3:16). Soms het die riem die lussies verbind wat rondom die sool aangebring is en dan het dit heen en weer oor die boog van die voet gestrek.

 

Skrywer:  Prof Hennie Stander

 




Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Kleredrag(1)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Kleredrag(1) – Hennie Stander

Die lendedoek

wat.om die heupe gedraai is en die lyf was kaal. Dit was egter die algemene drag wanneer swaar handearbeid verrig moes word. Petrus het byvoorbeeld heel waarskynlik so ‘n lendedoek of onderkleed gedra toe hy “naak” was of sy klere uitgetrek het om in die familie se vissersboot to werk (Johannes 21:7). Met sy bokleed aan sou hy minder vryheid van beweging gehad het. Ons lees ook van ‘n jongman wat slegs so n lendedoek om sy naakte lyf aangehad het toe Jesus gevange  geneem is. Hy het dit egter laat val en nakend weggevlug (Markus 14:51). In teenstelling met moderne voorstellings van die kruisiging van Jesus, het Hy waarskynlik heeltemal nakend aan die kruis gehang omdat ons lees dat die soldate al sy klere uitgetrek het (Johannes 19:23). Dit was die gebruik dat die soldate al die klere wat ‘n veroordeelde aangehad het vir hulle geneem het as hulle die kruisiging voltrek het.

Die onderkleed (of lyfrok)

in die eindproduk. Hierdie onderkleed het nogal baie na ‘n sak gelyk. ‘n V-vorminge opening is vir die kop ingesny en in die twee hoeke is daar snitte gemaak waardeur die arms kon steek. Die. onderkleed is van wol, linne of selfs van katoen gemaak, afhangende van hoe ryk die persoon was wat dit gedra het. ‘n Lyfrok (= onderkleed) wat van saklinne of van bokhaar gemaak was, was baie ongemaklik omdat dit velirritasie tot gevolg gehad het. Dit is dus in tye van roubeklag en boetedoening gedra. Die onderkleed van mans was gewoonlik kort en kleurvol; die van vrouens weer het tot op die enkels gehang en het versierde some rondom die kante van die V-nek gehad.

 

Die onderkleed wat Jesus gedra het, was egter sonder ‘n soom in die middel (Johannes 19:23). Dit is as een stuk geweef en is nie in die middel aanmekaar vasgewerk nie. Dit was dus blykbaar ‘n redelike waardevolle kleed. Miskien het van Jesus se volgelinge hom met so ‘n kleed vereer. Dit is dus te verstaan dat die soldate oor Jesus se kleed die lot gewerp het. Josefus, ‘n Joodse historikus wat omtrent dieselfde tyd as Jesus geleef het, vertel vir ons dat die hoëpriesters altyd so ‘n kleed gedra het. Die dertig “linnehemde” wat Simson beloof het om te gee aan diegene wat sy raaisel korrek kon beantwoord, was waarskynlik soortgelyk aan hierdie onderkleed (Rigters 14:12 ev). Die mense van die Bybelse tye het nie spesiale klere, soos nagklere, gehad waarin hul geslaap het nie. Hulle het net hul gordel losgemaak en elkeen het dan in sy of haar onderkleed gaan slaap, en as dit warm was, het hulle sonder klere geslaap.

Dit is egter baie belangrik dat ons duidelik sal verstaan wat ons met elke termonderkleed die onderlyf bedek het en die bokleed weer die bolyf nie. Met onderkleed word bedoel dat dit onder die bokleed gedra is. Maar nog belangriker, ons moet nie die onderkleed met onderklere probeer gelykstel nie. Dit sou ‘n heeltemal verkeerde begrip wees aangesien dit in die Bybelse tyd heeltemal betaamlik was om net met jou onderkleed ‘aan in die openbaar te verskyn.

 

Prof Hennie Stander

 




Vrouedrag in die Kerk

Vrouedrag in die Kerk – Francois Malan

Jacobus vra: 

Ek behoort aan een van die Pinkster Kerke wat baie gekant is dat vroue broeke aantrek en hul hoofde bedek moet word in die eredienste. Kan u asseblief uitbrei en hulp gee op hierdie vraag.

Antwoord

Prof Francois Malan antwoord:

Ek veronderstel dat die kerk se teenkanting teen vroue wat broeke dra, kom uit die lees van Deuteronomium 22:5, en die voorskrif oor die bedekking van hulle hoofde uit 1 Korintiërs 11:5.

Deutr.22:5 vra dat die uiterlike onderskeid tussen geslagte en soorte wat God ingestel het eerbiedig sal word. Dit dra die stempel van die ou wettiese bedeling van Israel.

Die Hebreeuse woord keli wat deur die oorspronklike skrywer van Deuteronomium gebruik is, dui nie net kleredrag aan nie, maar ook wapens vir oorlog en ander gebruiksvoorwerpe vir die plaas en die huis. Die vroueklere simelot wat die mans nie mag dra nie, verwys weer na die vrou se mantel waarmee sy haar toedraai. Dit beteken dat ‘n vrou nie moet probeer om soos ‘n man te lyk of op te tree nie, en die man nie soos ‘n vrou nie.

Die afsku (Hebreeus: to’ebat) van die Here God, waarvan Deutr.22:5 praat, wys dat die uitruiling van mans en vroue se klere ook te doen het met die gebruike wat by die heidense Kanaäniete voorgekom het, en die Here wil nie hê dat Israel deelneem aan die Kanaäniete se feeste en die gebruike wat hulle daar beoefen nie, wat waarskynlik ook met homoseksuele dade gepaard gegaan het.

In 1 Korintiërs 11 verwys Paulus na die gebruike van sy tyd, toe dit vir ‘n vrou ‘n skande was om haar hare af te sny of af te skeer (v6).

Die aanwysings van Paulus oor optrede in die gemeente se samekoms volg op die beginsels wat hy in 1 Kor 10:23-11:1 gestel het – vgl. bv. vers 32: Moenie aanstoot gee nie, nie aan Jode of aan Grieke of aan die gemeente van God nie. Hier was nou ‘n gebruik van die Jode in die gedrang. ‘n Joodse vrou kon destyds in haar huis kaalkop bly, maar as sy uitgaan moes haar kop bedek wees. Vir ‘n getroude vrou om in die openbaar sonder iets om of op haar kop was ‘n ernstige skande. En so het die eerste gemeentes wat met Joodse gelowiges begin het, die gebruik in die kerk gevolg dat vroue se kop bedek was.

In 1 Kor 11:13 vra Paulus die gemeente om self te oordeel of dit betaamlik is (letterlik: of dit gepas is) vir ‘n vrou om sonder iets op haar kop in die erediens tot God te bid. ‘Gepas’ sluit aan by die mode van die tyd, of dit in die algemene gebruik pas. En in v16 verwys hy na die gewoonte in Korinte en in ander gemeentes, na die algemene gebruik. Daarom is Paulus teen die vroue wat hulle vryheid in Christus wat hulle van die wet vrygemaak het, misbruik deur aanstoot te gee aan ander gemeentelede en ander gemeentes.

Die gebruike van ons tyd verskil baie van destyds, en dit is nie meer onvanpas vir ‘n vrou om sonder ‘n hoed op straat of in vergaderings te verskyn nie – ook nie met broeke wat vir vroue gemaak is nie.

Christus het ons vry gemaak van ‘n wettiese lewe, waar ons met goeie werke ons verlossing of God se goedkeuring probeer verkry. Hy het die verhouding van ons sondaars met God kom regmaak deur ons sondes alles op Hom te neem, sodat ons in die verhouding van kinders tot ons Vader kan lewe (Romeine 8:14-17). Dit is alles uit God se genade en liefde vir ons (Galasiërs 5:1). Ons groot vraag vandag is of ons ons vryheid in Christus uitleef in liefde vir God en ons medemens, en nie vir ander ‘n struikelblok is nie (vgl. 1 Kor. 10:23-11:1)..

 

Skrywer: Prof Francois Malan