Tagged: Kloning

image_pdfimage_print

Menslike Kloning (4)

Menslike Kloning (4) – Coen Slabber

Ons is klaar met die basiese wetenskaplike beginsels en kan nou kloning van nader bekyk.

Waarvan praat ons? Definisies

ʼn Vorm van voortplanting waar nakomelinge nie die gevolg is van die eenwording van eiersel en sperm nie, maar van doelbewuste replikasie van die genetiese materiaal van ʼn enkele individu – aseksuele voortplanting. Ons het dus hier die aseksuele vervaardiging van ʼn nuwe menslike organisme wat in al sy ontwikkelingstadia identies is met ʼn mens wat tans bestaan of vantevore bestaan het.

kloning3a

Menslike Kloning (3)

Menslike Kloning (3) – Coen Slabber

In die vorige artikel het ons na bevrugting en kloning gekyk. In hierdie artikel kyk ons na partogenese en stamselle.

kloning2a

Menslike Kloning (2)

Menslike Kloning (2) – Coen Slabber

In die vorige artikel het ons ‘n algemene oorsig oor kloning gegee. Vandag kyk ons na sekere basiese wetenskaplike beginsels.

Hoe kry ons ʼn embrio?

Die eiersel word bevrug deur ‘n saadsel en vorm ‘n sigoot. Hierdie sigoot verdeel dan en vorm die embrio. [Embrio = die vroeë ontwikkelingsfase. In die mens strek dit vanaf bevrugting tot op agt weke. Daarna staan dit as ‘n fetus bekend.] In normale voortplanting kry ʼn kind die helfte van die genes van die moeder en die helfte van die vader.

Menslike Kloning (1)

Menslike Kloning (1) – Coen Slabber

In die inleidingsartikel oor bio-etiek op die webblad het ek na bio-etiek verwys as ‘n moderne dilemma. Hoekom?  Met die geweldige vooruitgang op mediese gebied, veral op die gebied van genetika, gaan meer en meer probleme na vore kom. Party van hulle is reeds met ons (voorbeeld: genadedood); ander gaan ons iewers in die nabye toekoms tref (voorbeeld: kloning).

image_pdfimage_print