Tagged: Laat sy Liefde jou Lei

image_pdfimage_print

Laat sy Liefde jou Lei: Gee die lig aan

Laat sy Liefde jou Lei: Gee die lig aan – Milanie Vosloo

Gee die lig aan

Dus staan die saak só: Wie suinig saai, sal karig oes; wie ruimskoots saai, sal volop oes. 2 Korintiёrs 9:6

Daar’s tye wanneer dit regtig goed met ons gaan en ons selfs wonder waarom ander so sukkel om met lewensvreugde te leef. Ja, wanneer die heerlike somerson van vreugde-voorpoed ons harte verwarm, vergeet ons dikwels hoe koud en ongenaakbaar die winters van die lewe kan wees.

Laat sy Liefde jou Lei: Leef … ook in winterhart-tye

Laat sy Liefde jou Lei: Leef … ook in winterhart-tye – Milanie Vosloo

Lééf … ook in winterhart-tye

Stry die goeie stryd vir dit waarin ons glo. 1 Timoteus 6:12a

Min van ons hou van die winter. Koue klim mos pens en pootjies binne in ons lywe. Net so is dit allermins lekker wanneer winter in ons harte kom woon het. Wanneer die yswinde dreig om ons harte stukkend te waai en ons uitgelewer voel aan die wêreldse wreedheid, wil ons mos sommer net ‘n donskombers oor ons kop trek en wens dat alles wat ons omkrap, sommer net sal verdwyn …

image_pdfimage_print