Mislukkings

 

Mislukkings

Petrus is ‘n unieke geval. Hy het Jesus teleurgestel en was seker dat God se planne vir hom iets van die verlede was. Tog sê Jesus vir hom dat hy die leier van sy kerk gaan word. Hoe het Jesus vir Petrus, die man wat Hom drie maal in een aand verraai het, verander in ‘n man wat vir sy geloof gekruisig sou word?

 

 

Petrus se trots en selfvertroue in sy eie vermoëns was sy ondergang:

  • Dit maak hom onseker van sy verhouding met God. Hy wil altyd weet of hy genoeg gedoen het.
  • Dit laat hom geestelik swak, want sy vertroue in sy eie krag weerhou hom daarvan om op Jesus te vertrou.
  • Dit hou die fokus op homself. Hy was so gefokus op hoe hy doen en hoe hy met ander vergelyk dat hy nooit ander se behoeftes raakgesien het nie.
  • Die gevolg was dat Petrus nie ander met hulle behoeftes kon help nie.

 

, keer dit Petrus se vier probleme, wat ook ons probleme is, om. Petrus verander van ‘n onseker mens na iemand wat God vertrou – hy wil naby aan Jesus bly. Hierdie naby aan Jesus vul hom met geestelike krag – hy steek voortdurend sy hande na Jesus toe uit. In plaas van selfgesentreerd word hy ander-gesentreerd – toe hy ophou om op homself te fokus sien hy die behoeftes van ander raak. Uiteindelik kon hy hulle help.

 

Petrus se mislukking bring hom in aanraking met God se genade – ons Bron van ware krag. Jy kan net God se genade aan ander bewys as jy self vol daarvan is. Jesus het Petrus gekies om sy kerk te lei – nie ten spyte van sy mislukkings nie, maar juis omrede sy mislukking. Sy mislukkings maak hom ‘n groot leier, want dit laat hom besef dat hy God se genade nodig het.