Tagged: nagmaal

image_pdfimage_print

Die Groot Geloofswoordeboek: Nagmaal

Die Groot Geloofswoordeboek: Nagmaal

Nagmaal

In die nagmaal word die dood van die Here Jesus herdenk en ver­kondig totdat Hy weer kom (1 Kor 11:26). Volgens die *Sinop­tiese Evangelies (*Sinoptiese probleem) het die Here Jesus self die nagmaal ingestel tydens die Paasfees die aand voor Hy ge­kruisig is. Tydens die instelling het Hy eenvoudige maar heel ongewone woorde gebruik waaroor in die loop van die ge­skie­denis baie na­gedink is.

Nagmaal aan kinders

Nagmaal aan kinders – Jan van der Watt

Pierre vra:

Ek bly in Australië en ons is dank die Hemelse Vader geseënd om in n Afrikaanse Kerk te wees. Ek het laas Sondag dat my twee kinders van 9 en 10 jaar oud Nagmaal gebruik. Dit was nie in my kerk toegelaat in Suid Afrika voor hulle voorgestel is nie, en wat my omgekrap het aangesien Jesus ook vir hulle gesterf het en nie net vir volwassenes nie. Vind ook nêrens in die Bybel dat kinders verbied om Nagmaal te gebruik nie. Volgens my is dit net reëls wat deur die kerk gemaak is.

ʼn Ete saam met God (die Nagmaal)

ʼn Ete saam met God (die Nagmaal)

Die aand voor Jesus gekruisig is, het Hy ʼn laaste maal saam met sy dissipels geëet. Hy het hulle toe gevra om as Hy weg is, gereeld saam te eet en dan aan Hom te dink. Hy het brood gevat en dit gebreek en gesê hulle moet die brood eet; dit is soos sy liggaam wat natuurlik vir hulle aan die kruis gebreek is. Hy het toe wyn gevat en gesê hulle moet dit drink; dit is soos sy bloed wat gevloei het om op die manier vir hulle vrede met God te maak. So moet hulle dus gedurig aan Hom en wat Hy vir hulle gedoen het, bly dink.

image_pdfimage_print