God roep my om op te offer

.” John Stott

God roep my om op te offer

 

Christene moet opoffer. As God my roep, gee Hy aan my sekere verantwoordelikhede en verwag Hy van my sekere opofferings. As daar iemand is wat moes opoffer, was dit Jeremia. Lees net weer sy lewensverhaal:

  • Sy roeping was nie maklik nie: Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig. Jeremia het goed geweet dat as hy hierdie roeping gaan uitvoer hy beslis nie die gewildste persoon in Israel gaan wees nie.
  • Hy mag nie getrou het nie. Seker die belangrikste lewensanker naas God, jou familie, was hom nie beskore nie.
  • Jeremia word gemartel, in die tronk gegooi en in ‘n put gehou. Hier versmoor hy byna.
  • (27:2). Geen wonder Jeremia word gereeld deur die volk gespot nie.

Alles was teen Jeremia, maar hy het nooit sy boodskap of sy roeping versaak nie. Hoe kry hy dit reg: Hulle sal teen jou veg maar hulle sal jou nie oorweldig nie, want Ek is by jou, sê die Here, Ek sal jou red (1:19). Dit hoekom ons kan en moet volhard al gaan dit swaar met ons: ons het die versekering dat God met ons is.