Ou Apostoliese Kerk – Francois Malan

Monte vra:

HOE HANTEER JY IEMAND WAT ANTI OU APOSTOLIESE KERK IS

Antwoord

Prof Francois Malan antwoord:

Kan jy hom oortuig dat die Ou Apostoliese Kerk aanvaar dat mense in ander kerke ook deur Jesus Christus gered word, dat die Heilige Gees ook in hulle woon en dat hulle ook kinders van God is sonder die tussenkoms van die apostel?

Skrywer: Prof Francois Malan




Die Ou Apostoliese Kerk

Die Ou Apostoliese Kerk – Pieter Verster

Henk vra:

Ek wil twee dinge weet asb. Ek wil graag weet die ou apostoliese kerk, hoe reg of verkeerd hulle is, Ek het al paar goed gelees, maar een van hulle konfronteer my. Ek het Kitte Pienaar se boek gelees en wil graag net hulp hê in hierdie verband. Tweedens het ek diploma in Teologie gedoen en wil graag verder studeer, Waar en hoe kan ek dit doen  

Antwoord

Prof Pieter Verster antwoord:

Die Ou Apostoliese kerk. Reg of Verkeerd?

Edward Erwing (1794 -1834) ’n belowende Skotse prediker word as die stigter van die kerk beskou. Hy het beweer dat hy visioene gehad het dat die ampte herstel moes word, onder andere die Apostelamp. Groot klem word gelê op die feit dat die Apostel die persoon is wat werklik die ware lig deurgee. Die werk van die Apostel word as deurslaggewend beskou. Elke woord wat van die Apostel uitgaan, word as gesagvol beskou. Nie die woord van die Skrif is deurslaggewend nie, want volgens hulle maak die letter dood, maar die Gees maak lewend. Daarom word die Skrif ook nie letterlik beskou nie. Die Bybel word vergeestelik. Die Apostel spreek egter die ware woord en juis daarom word die Apostel erken as uiters gesagvol. Die hoofstroom kerke beskou agter die gesag van die Skrif as deurslaggewend. Daarom sal daar duidelik aangedui moet word dat Christus en nie die Apostel die ware Woord van God spreek.

Teologiese Fakulteite in Suid-Afrika bied baie kursusse aan wat ook geleentheid tot verdere studie vir diplomastudente bied. Die universiteit van Pretoria, die Universiteit van Stellenbosch, die Universiteit van die Vrystaat, die Noordwes-universiteit en die Universiteit van Kwa-Zulu Natal se tuisbladsye op internet kan bekyk word. Die South African Theological Seminary (SATS) bied ook verskeie kursusse aan.

 

Skrywer: Prof Pieter Verster