Ons word oud – God se pad vir ouer gelowiges

Traditional religion still has ways to make life miserable for those who question the status quo – Gene Edwards

Ons word oud – God se pad vir ouer gelowiges

J. I. Packer het onlangs ‘n kort boekie oor oud word geskryf: Finishing our Course with Joy. Ek gaan ‘n hele aantal blogs oor oud word skryf en van hierdie boek gebruik maak

In die NT lees ons op ‘n paar plekke dat die Christelike lewe as ‘n resies beskryf word. Laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus (Hebreërs 12:1 – 2). Paulus gebruik dieselfde beeld as hy met die ongedissiplineerde Korintiërs redeneer (1 Korintiërs 9:24 – 27).

As Paulus die beeld gebruik kombineer hy vier begrippe:

 

  • Duidelike oriëntering ten opsigte van ‘n doel – jy hardloop om te wen.
  • Doelgerigte beplanning –jy dink hoe jy moet hardloop, die pas wat jy moet volhou en die vinnige eindpoging.
  • Konsentrasie – alles is ondergeskik aan oefening en dan hardloop jy met die oog daarop om die resies te wen.
  • ‘n Groot poging – jy hardloop so vinnig as wat jy kan, jy gee alles.

Dit is hoe Paulus die lewe van ‘n getroue Christen sien.

Maar volharding is ook vir Paulus belangrik. Aangesien julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel in Hom, gewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof (Kolossense 2:6 – 7 – OAV). Niks moet jou aandag aftrek nie. 

Die beeld van hardloop staan sentraal in Paulus se verstaan van sy eie lewe. Dit moet  ook die sentrale fokus in die denke en hart van bejaarde Christene wees. Die feit dat ons fisiese liggame stadiger funksioneer, beteken nie dat ons geestelik ook stadiger moet funksioneer nie. Wat sal ons aan die gang hou? Ywer. Ywer is eintlik nie meer ‘n woord wat vandag nog algemeen gebruik word nie. Nehemia 3 – 6 vertel vir ons dat ten spyte van fel teenstand die mure van Jerusalem binne 52 dae herbou is. Dit is ywer in aksie. In die evangelie volgens Johannes lees ons van Jesus wat die tempel gereinig het. En sy dissipels het onthou dat daar geskrywe is: Die ywer vir u huis het my verteer (2:17 – OAV)

Ywer beteken prioriteit, passie en inspanning vir God se saak. Dit is ‘n brandende begeerte  om God tevrede te stel, om sy wil te doen en om Hom hier op aarde te verheerlik. Natuurlik mag ons geheue en ons vermoë om te konsentreer agteruitgaan; ons energievlakke sal daal, maar ons kan steeds ons dae met ywer leef. Ywer moet met hoop gevoed word.




Ons word oud – Senior gelowiges ondermyn

 

Never will we find truth if we content ourselves with what is already known … Those things that have been written before us are not laws but guides. The truth is open to all, for it is not yet totally possessed – Gilbert de Tournai (13de eeu)

Ons word oud – Senior gelowiges ondermyn

J. I. Packer het onlangs ‘n kort boekie oor oud word geskryf: Finishing our Course with Joy. Ek gaan ‘n hele aantal blogs oor oud word skryf en van hierdie boek gebruik maak

As die duiwel ons versoek, is God altyd teenwoordig. Die duiwel versoek ons altyd by wat hy as ‘n swakpunt geïdentifiseer het. Maar wat is die spesifieke versoeking vir bejaardes? Ons volg die pad van die sekulêre gemeenskap. Ons identifiseer ons met die standaarde en aannames wat in die kultuur om ons heers.

Die samelewing sien aftrede as ‘n waterskeiding. Aftrede neem jou uit die wêreld van werk. Na afrede is ons ons eie base en bepaal self ons agenda.

Aftrede is ‘n uitnodiging om te ontspan, om van ons verantwoordelikhede ontslae te raak – iemand anders moet nou dit wat ons in die verlede gedoen het, doen. Nou kan ons gemaksugtig wees vir die res van ons lewens.

Baie Christene wat aftree gaan nie voort met hulle werk in die kerk nie. Hulle mag dalk nog so op die kantlyn betrokke wees. Dit word as verantwoordelike selfversorging gesien. So ondermyn die duiwel ons dissipelskap. In plaas van arbeiders in God se koninkryk word ons simpatieke toeskouers – passasiers wat die gemeente moet dra. Gemeentes kyk nie meer na bejaardes as mense met geestelike gawes en bedieningsvaardighede nie – hulle het met die ouderdom verdwyn. Al waarvoor bejaardes goed is, is uitstappies en partytjies.

Gemeentes moet  kennis neem van die liggaamlike beperkings van bejaardes, maar terselfdertyd  moet hulle voorgaan om die vermoëns van bejaardes te benut. Bejaardes moet voortgaan met hulle aanbidding en diens aan Christus, in die pastorale versorging van ander, die onderrig en leiding van jongmense wat hulle vantevore gedoen het. Alles binne die perke van wat hulle kan hanteer.

Lewenslange leer is die Christen se roeping – die waarhede waarvolgens Christene moet lewe en hoe hulle moet lewe. In gemeentes moet die waarheid van die evangelie geleer en verdedig word. Almal is ‘n leier vir iemand. Mense wat afgetree het, word nie vrygestel van leer en lei nie.




Ons word oud – Bly aan die Gang

 —Roger L’Estrange

Ons word oud – Bly aan die Gang

J. I. Packer het onlangs ‘n kort boekie oor oud word geskryf: Finishing our Course with Joy. Ek gaan ‘n hele aantal blogs oor oud word skryf en van hierdie boek gebruik maak

Wat van bejaardes wat Christene is? Dit is mense wat al vir ‘n geruime tyd gelowiges is. Hulle leer dat om met ‘n mens se ouderdom saam te leef ‘n geestelike dissipline is. Hoe lyk die profiel van hierdie bejaarde gelowiges?

 

Ons word nie as Christene gebore nie – jy het doelbewus ‘n Christen geword. Moontlik het jy ‘n bekeringsondervinding van een of ander aard gehad. Jy het moontlik in ‘n krisis bewus geword van sy teenwoordigheid by jou. Jy vertrou Hom as jou Verlosser en gee jouself aan Hom as Here oor. Jy het berou oor sekere oortredings en onderneem om vorentoe as sy dissipel te leef. Jy lees die Bybel en bid gereeld. Nou is jy ‘n ander mens en jy is bewus van sy teenwoordigheid te alle tye.

Van die begin af het jy besef dat jy gered is om te dien. Jy kom gou agter dat jy die hele pad teengestaan gaan word. Langs die pad het die duiwel se magte jou probeer dwarsboom. Jou Christelike lewe was ‘n lang geveg teen die wêreld, jou natuur en die duiwel. Tog het jy ‘n vol lewe gelei. Jy het geleenthede gesoek om te getuig. Jy lewe vir Christus.

Ons weet ons word heilig deur ons vir God af te sonder . Geloof, liefde, lof en geregtigheid vloei uit ons harte deur die krag van die Heilige Gees. Jy werk hard om jou van sonde te weerhou

Met hierdie profiel in gedagte is daar ‘n spesifieke versoeking wat ons in ouer mense kry. Daarna kyk ons volgende keer.




Ons word oud – Versoeking en Spanning

The work of salvation is an undertaking of three persons in which all cooperate and each performs a special task – Herman Bavinck

Ons word oud – Versoeking en Spanning

J. I. Packer het onlangs ‘n kort boekie oor oud word geskryf: Finishing our Course with Joy. Ek gaan ‘n hele aantal blogs oor oud word skryf en van hierdie boek gebruik maak

Liggame gaan agteruit en daarmee moet ons vrede maak soos ons ouer word. Namate ons ouer word, kom ons voor nuwe beperkings te staan. Ons kan nie meer dinge doen wat ons vantevore gedoen het nie. Ons energievlakke daal; ons geheue is nie meer wat dit was nie; pyne en kortasemheid word deel van ons lewens. Ons liggame sal agteruitgaan solank as wat ons leef. Oefening, geneesmiddels en ‘n gesonde dieet mag die proses vertraag, maar sal dit nie omkeer nie

 

Ons liggame word ook meer vatbaar vir infeksies, hartprobleme en kanker. Hierdie verstadiging is permanent. Nou kom ons voor twee versoekings te staan:

Die Bybel sê dat ons almal voor versoeking uit drie bronne te staan kom: die wêreld (omstandighede om ons), die vlees (trots wat lei tot gesindhede gekenmerk deur ‘n gebrek aan liefde) en die duiwel (hy orkestreer die aanvalle van die wêreld en vlees). Ons moet hierdie versoekings herken en erken as ons op die regte manier wil verouder.