Psalm 119:51

You can’t do anything about the length of your life, but you can do something about its width and depth. -H.L. Mencken, (1880-1956)

Psalm 119:51

Ek moes die felle spot van hovaardige mense verduur, maar van u wet het ek nie afgewyk nie (NAV)

Vermeteldes het baie met my gespot; van u wet het ek nie afgewyk nie (OAV)

Selfs al spot slegte mense met my, hou ek nie op om te doen wat U sê nie (Die Boodskap)

 

Die primêre kampvegter vir die afskaffing van slawerny in Engeland was William Wilberforce. Hy het terloops die hele Psalm 119, die langste hoofstuk in die Bybel, gememoriseer. Die psalmis moes die spot van hovaardige, slegte, vermetelde mense verdra. Hoekom: Die psalmis sê nie vir ons nie. Dit lyk egter of dit verband hou met sy liefde vir God se wet. Ten spyte van die spot weier die psalmis om van God se wette af te wyk.

Daar is baie redes waarom mense gespot word as hulle aan God se wet vashou. Wilberforce is gespot, want hy het die status quo bedreig deur die afskaffing van die slawehandel te bepleit. Omdat alle mense na God se beeld gemaak is, het hy geglo dat alle mense respek in ‘n gelyke mate werd is. Sy liefde vir Psalm 119 het hom waarskynlik bemoedig om vas te staan ten spyte van sterk teenstand – veral as hy besef dat die psalmis ook teenstand en spot ondervind het.

Die slawehandel is nog nie verby nie – dit is net in nuwe vorms teenwoordig. Daar is baie sulke oortredings wat die waardigheid van mense ondermyn. Staan ons vas in sy wet? Hou ons nie op om te doen wat Hy sê nie?




Psalm 119:50

Pleasure in the job puts perfection in the word – Aristoteles

 

Psalm 119:50

Dit is my troos in my ellende; dat u belofte my in die lewe hou (NAV)

Dit is my troos in my ellende, dat u belofte my lewendig maak (OAV)

In slegte tye hou u beloftes my aan die gang (Die Boodskap)

 

Hierdie is die tweede vers in die Sajin-gedeelte van Psalm 119. Elke vers in die Hebreeuse Bybel begin met Sajin.

 

 

Wat doen ons as ons mismoedig is? Slaap? Eet? Hardloop? Lees? As die psalmis mismoedig is,  gaan hy na God se beloftes. Hierdie vers belowe vir ons dat God se beloftes lewe gee. Maar hoe kan dit gebeur?

  • God se beloftes gee vir ons hoop. Dit is iets wat ons almal nodig het, veral as die lewe moeilik is. Hoop  ondersteun ons en fokus ons op die toekoms., wanneer dinge beter sal wees as God sy belofte nagekom het.
  • God se beloftes vertroos ons.  Ons besef dat God se wêreld vol mense, soos die psalmis, is wat in ellende verkeer. Ons is nie alleen nie – daar is ander mense net soos ons  wat op God en sy beloftes in hulle ellende vertrou.
  • God se beloftes gee vir ons God. Dit is sy belofte. God maak die belofte en Hy sal dit uitvoer. Om op sy beloftes te fokus, verdiep ons verhouding met Hom, want dit verseker dat ons die hele tyd na Hom kyk.

 

God belowe nie dat hy ons ellende onmiddellik sal wegneem nie, maar te midde van ons ellende vertroos Hy ons – Hy is by ons teenwoordig. Wat gee vir jou lewe te midde van jou ellende?

 




Psalm 119:45

Frugality is good, if Liberality be join’d with it. The first is leaving off superfluous expenses; the last bestowing them to the Benefit of others that need. William Penn, Some Fruits of Solitude

 

Psalm 119:45

My lewe sal veilig wees, want ek vra steeds wat u bevele is (NAV)

En in die ruimte wandel, want ek soek u bevele (OAV)

Met groot blydskap wil ek in die oop ruimte van u liefde en voorskrifte stap (Die Boodskap)

 

 

Wat beteken dit om in die ruimte te wandel of te stap? Hoekom is dit nou juis ‘n goeie ding? Om in die ruimte te wandel, sal die Israeliete herinner aan God se belofte aan Moses in Eksodus 3:8: Daarom het Ek afgekom om hulle uit die mag van Egipte te bevry en om hulle daarvandaan te laat trek na ‘n goeie en uitgestrekte land, ‘n land wat oorloop van melk en heuning.  Om die beloofde land te beskryf gebruik God dieselfde woord as wat die psalmis hier gebruik. Daar word dit met uitgestrek en hier met oop ruimte vertaal. Oop ruimtes herinner dus aan ‘n land van melk en heuning.

 

Die psalmis sien hier ‘n sterk verband tussen vra na God se bevele en die beloftes wat God aan sy mense maak as hulle Hom gehoorsaam.

God, laat ons in oop ruimtes lewe  as ons u bevele gehoorsaam. Amen.

 




Psalm 119:36

I don’t know what your destiny will be, but one thing I do know: the only ones among you who will be really happy are those who have sought and found how to serve. -Albert Schweitzer

Psalm 119:36

U verordeninge, laat dié my na aan die hart lê, nie die begeerte om myself te verryk nie (NAV)

Neig my hart tot u getuienisse en nie tot onregverdige wins nie (OAV)

Help my om net aan U te dink sodat ek nie agter geld aanhardloop nie (Die Boodskap).

 

Ons sien hier drie verskillende vertalings van vers 36. Dit wys vir ons dat Bybelvertaling ingewikkeld is. Daarom is dit dikwels goed om na meer as een vertaling te kyk.

Daar is veral drie punte waar vertalings (nie net Afrikaanse vertalings nie, maar veral Engelse vertalings) verskil:

  • Die psalmis se versoek aan God. Neig my hart … na aan die hart lê …help my.
  • Waarheen moet die psalmis neig? U verordeninge … u getuienisse … net aan U te dink.
  • Waarna moet die psalmis nie sy hart neig nie: Die begeerte om myself te verryk … onregverdige wins … geld.

Die psalmis se gebed in hierdie vers is dat sy hy sy hart op die regte plek sal rig – na God se wet of verordeninge of getuienisse en weg van selfsugtige wins. Hy besef dat hy hulp nodig sal hê om gierigheid te vermy. Hy besef ook dat die beloning om sy hart op die regte dinge te rig die moeite werd is – meer winsgewend as selfsugtige wins.