Die klank van stilte

When a wise man talks to a fool, two fools are talking. – Joodse spreekwoord

 

Die klank van stilte

Kom ons kyk na die siening van vier persone in die Bybel:

  • Habakuk

Die Here is in sy heilige tempel: almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees (2:20)

Soms is die enigste toepaslike reaksie op God se heiligheid stille eerbied.

 

  • Paulus

Paulus bid vir alle mense  – ook dié wat regeer en mag uitoefen sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid (1 Timoteus 2:2).

 

  • God

Na Elia se magtige oorwinning oor die profete van Baäl op Berg Karmel dreig Isebel, die koningin. Elia verval in ‘n erge depressie en dreig om sy eie lewe te neem. God praat met Elia, nie in ‘n sterk wind of ‘n aardbewing of ‘n vuur nie, maar in’n fluistering in die windstilte (1 Konings 19:12). God praat in die stilte; die stilte help ons om God se stem te hoor.

 

  • Jesus

Jesaja praat profeties oor Jesus, die lydende dienaar van Jesaja 53: Hy was mishandel, maar het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos ‘n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos ‘n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie (53:7). Tydens sy bediening het Jesus die skares onderrig, gelykenisse vertel, vrae gevra, maar tydens sy verhoor bly Hy stil.

 

Habakuk, Paulus, God en Jesus het almal gedink dat stilte goud werd is. Hoekom?  Dit is baie moeilik om te luister as daar lawaai is en daar is baie lawaai in ons wêreld. Ons het stilte nodig om na God en na ander te luister.

 




Wat doen ons met stilte?

– Mark Twain

 

Wat doen ons met stilte?

Dit werk nie – dit werk net op ons senuwees. Ware stilte is feitlik onbekend in ons gejaagte lewe. As ons ware stilte wil hê, moet ons dit koop.

 

Woon ‘n stil erediens by. Mense raak ongemaklik en begin rondskuif. Baie kerke reël stil retraite waar lidmate hulle afsonder om na te dink en te bid. Daar is mense wat ‘n kamer in ‘n klooster vir ‘n nag huur. En dit alles net om stilte te ondervind. Maar mense is so gestruktureerd en gewoond om besig te wees dat hulle selfs by sulke plekke te-doen lysies maak. Hulle bekommer hulle oor wat om te dra en te eet – wat moet hulle saambring. So asof hulle na een of ander eksotiese land toe reis.

 

Michelle Harris-Love, ‘n neurowetenskaplike navorser, bespreek twee nagte in ‘n klooster. Toe die tyd nader kom dat sy moet gaan, bekommer sy haar oor hoe sy die tyd gaan omkry. Om twee dae net in stilte na te dink en te bid, is tog onmoontlik.

Wat doen ons met stilte? Dit is ‘n belangrike vraag. Dink ‘n bietjie daaroor na.

 




Stilte

We [Christians] are not diplomats but prophets, and our message is not a compromise but an ultimatum.”  — A.W.  Tozer

 

Stilte

Weer een van Henri Nouwen se kort stukkies:

Dit is in stilte dat ons, soos Jesus, verstandelik en liggaamlik kan groei en in guns by God en die mense toeneem (Lukas 2:52). Dit is slegs in stilte waar ons ware intimiteit met God en ware liefde vir mense kan ondervind.

Selfs tydens sy aktiewe bediening het Jesus gereeld stil plekkies waar Hy alleen met God kon wees, opgesoek. As ons nie so ‘n stil lewe met God het nie, kan ons openbare lewe vir Hom nie vrugte dra nie.