Twyfel

A dog barks and stands at bay if he sees any one assault his master. I should be indeed remiss, if, seeing the truth of God thus attacked, I should remain dumb, without giving one note of warning… –  Calvyn

 

Twyfel

After many years of seeking to live a spiritual life, I still ask myself, “Where am I as a Christian?” — “How far have I advanced?” — “Do I love God more now than earlier in my life?” — “Have I matured in faith since I started on the spiritual path?”

Honestly I don’t know the answers to these questions. There are just as many reasons for pessimism as for optimism. Many of the real struggles of twenty or forty years ago are still very much with me. I am still searching for inner peace, for creative relationships with others, and for a deeper experience with God. And I have no way of knowing if the small psychological and spiritual changes during the past decades have made me more or less a spiritual person.

– Henri Nouwen, Spiritual Formation: Following the Movements of the Spirit

 

Henri Nouwen se eerlikheid is verfrissend, maar ook ontstellend. Hedendaagse sienings oor groei en  heiligmaking is soos Weight Watchers se programme – ons wil ons vordering op ‘n kaart aanteken sodat ons darem voel ons vorder. Ons hou van lyste wat ons kan aftik, meetbare standaarde wat ons kan vasstel.

 

Maar nou kom Henri Nouwen en hy sê: “Ek het geen idee nie.” Christene mag dalk nie die omvang van hulle probleem besef nie, maar hulle weet wat die genesing is. Ek sal nooit my vordering van sonde na geestelike gesondheid op ‘n kaart kan aanteken nie. Ek kan egter deur die Heilige Gees, voortdurend na die geneesmiddel kyk – Jesus Christus.

 

                                   




Bekende Bybelfigure Twyfel

 “The more fascinated we become with the toys of this world the more we forget that there’s another world to come.” AW Tozer              

 

Bekende Bybelfigure Twyfel

Het jy al ooit oor jou geloof getwyfel? Op een of ander stadium twyfel almal in God, die Bybel en kernelemente van ons geloof. Twyfel is deel van die menslike toestand. In die Bybel lees ons van baie mense wat getwyfel het – sommige van hulle groot geloofshelde.

Hier is drie voorbeelde. Let veral op God se reaksie op hulle twyfel.

 1.Tomas het oor die opstanding getwyfel

Tomas was een van Jesus se dissipels. Hy het waarskynlik ‘n paar jaar saam met Jesus gereis en alles gesien wat Hy gedoen en gesê het. Toe sy mededissipels vir hom vertel het dat hulle Jesus gesien het, antwoord hy: As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vingers in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie. (Johannes 20).

 

Agt dae later was die dissipels weer bymekaar – Tomas was by hulle. Hoewel die deure gesluit was, het Jesus by hulle kom staan. Hy nooi Tomas uit om self na sy hande en sy te kom kyk. Tomas antwoord: My Here en my God. Toe antwoord Jesus hom: Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.

 2.Gideon probeer God se roeping ontwyk

Kan God ‘n mens gebruik om Israel se vyande te verdryf? Natuurlik, maar Gideon het nie geglo dat God hom kan gebruik nie. God moes eers wondertekens doen om Gideon te oortuig dat God juis vir hom gekies het. God doen die eerste wonderteken. Wat is Gideon se reaksie? Moet asseblief nie vir my kwaad word nie! Ek wil nog ‘n keer iets vra – nog ‘n wonderteken. God doen weer wat Gideon vra. (Rigters 6 – 7).

 3.Sara en Abraham lag vir God se belofte

God sê vir Abraham dat Hy vir Abraham ‘n seun uit Sara sal gee. Wat was Abraham se reaksie? Toe het Abraham op sy knieë geval en hy het gelag en gedink: kan daar vir ‘n man van honderd ‘n kind gebore word, of kan Sara wat negentig is, ‘n kind in die wêreld bring? Toe drie besoekers hierdie boodskap – volgende jaar sal Sara ‘n seun hê – aan Abraham bevestig, staan Sara by die tentopening en hoor alles. Hoe reageer sy? Sy lag by haarself. God wil by Abraham weet waarom Sara gelag het. Sara skrik en sê: Ek het nie gelag nie … Maar die Here het gesê: Nee, jy het gelag. (Genesis 17 en 18).

 

Hierdie oomblikke van twyfel lei gewoonlik tot ‘n verdieping van persone se geloof. In elke geval reageer God nie met toorn nie, maar met geduld. God straf nie sy volgelinge wat twyfel nie, maar eer diegene wat Hom nader met ernstige vrae en twyfel. Miskien moet ons soos die pa van die seun wat Jesus genees het, uitroep: Ek glo … Help my in my ongeloof (Markus 9:24)