Breek die spiraal van vernietiging

Breek die spiraal van vernietiging – Kobus Kok

Vraag:

[Daar is sekere stellings in hierdie brief wat baie skerp is. Miskien moes ons dit uitgehaal het, maar ons het gevoel dit sou die erns van die situasie afgewater het. Die antwoord wat ons gee, verwys na die algemene hanteringswyse vit vernietigende verhoudings. Dit verwys nie spesifiek na die Ou Apostel Kerk nie, maar na alle omstandighede waar verhoudings troebel is – Coen Slabber]

Antwoord

Prof Kobus Kok antwoord

  • Saam groepeer:
  • If you fail to plan, you plan to fail. Dit gaan daaroor dat mens beplan hoe mens die krisis gaan bestuur en mekaar verantwoordelik hou vir optrede.
  • Verandering kan net gebeur indien planne of doelwitte bereik word en mens dit deursigtig kan evalueer en doelwitte kan bereik.
  • Sommige planne werk nie altyd nie. Die gloeilamp is nie woeps-waps ontdek nie. Die eindproduk was ʼn proses van probeer, foute maak, korrigeer en weer probeer.
  •  

    Skrywer: Prof Kobus Kok

     




    Die LEGO-beginsel

     

    Die LEGO-beginsel

    Jesus het nooit gesê ons moet Sondagoggende eredienste hou, ‘n uitstekende sanggroep kry of ‘n goeie kinderbediening hê nie. Dit is waarop baie gemeentes fokus.  Jesus gee ‘n opdrag bestaande uit twee woorde: Maak dissipels.

     

     

    Hoe kan gemeentes ‘n dissipelskapkultuur in plaas van ‘n kerkbywoningskultuur skep? Joey Bonafacio is pastoor by die Victory Church in Manila. Hierdie gemeente het 65 000 lidmate. Hy het onlangs die boek The LEGO Principle geskryf. Daarin beskryf hy die sleutelelemente om met God en mense te verbind.

     

    Christene besef dat as ons oor verhoudings in die gemeente en oor hoe om gelowiges te lei om meer soos Christus te word, praat, daar iets is wat kortkom. Baie mense besluit om Christus te volg, maar kan dit nie volhou nie. Hulle begeer om Jesus te volg, maar ontwikkel nooit diep wortels nie. Soos Jesus in die gelykenis van die saaier (Matteus 13:3 – 22) beskryf het, sal hierdie persone, as hulle deur die hedendaagse kultuur wat toenemend anti-Christen is, aangeval word, verskroei en verdroog.

     

    Joey Bonafacio het nie ‘n nuwe program nie. Sy boodskap is eenvoudig: diep verhoudings. Elke gelowige se opdrag is om dissipels te maak. Dit gaan nie oor ‘n herder wat alles doen nie – dit gaan oor elke gelowige. Mense word as individue waardeer; hulle is nie net gesigte in die kerkbank nie. Hierdie kultuur lei tot ware dissipels wat op hulle beurt die wêreld kan verander.

     

    Ons ken Lego’s – die kinderspeelding. Hy gebruik dit as ‘n beeld om te beskryf hoe ons aan God en aan mekaar verbind moet word. ‘n Baie eenvoudige begrip.




    Verhoudings: Gesonde Bondgenootskappe

    Mahatma Gandhi

     

    Verhoudings: Gesonde Bondgenootskappe

    Ontsteld antwoord die seun: “Maar ek gebruik al my krag – alles wat ek het.”

     

    Pa: “Nee, seun jy gebruik nie al jou krag nie. Jy het my nog nie gevra om te help nie.”

     

     

    oordele: dit verlig jou las en ontwikkel ander leiers.

     

     

     

    Hoe praat ek met my bure?

    Hoe praat ek met my bure?

     

    • Kry ‘n pad wat na Jesus toe lei. Tydens die gesprek dink aan waar Jesus in julle gesprek kan inkom. Kyk vir ‘n brug waar jy Jesus in die gesprek kan inbring.
    • Wees normaal. Ons is so geneig om ons Jesus hoed op te sit en nou praat jy nie meer as ‘n vriend nie. Dinge raak ongemaklik. Dit is nie nodig om jou stemtoon en jou houding te verander as jy oor Jesus praat nie.
    • Wees innemend. Jy kan vriende wen as jy vriendelik en goed is.
    • Staan karikature en stereotipes van Christene teen. Baie mense het ‘n spesifieke stereotipe van Christene in hulle gedagtes – al het hulle geen persoonlike Christenvriende nie. Praat met hulle, dien hulle en bewys liefde aan hulle.
    • Wees gasheer vir die buurt. As jy intrek nooi almal vir ‘n ete. Dit is dikwels die fondament vir toekomstige gesprekke oor Jesus Christus.
    • Wees eerlik oor jou stryd en mislukkings. Almal van ons sukkel en misluk. Baie nie-Christene wil nie met Christene praat nie as gevolg van die tekortkominge in hulle lewe – hulle voel skuldig.
    • Hierdie is ‘n paar moontlikhede om daardie belangrike gesprek oor Jesus Christus aan die gang te kry.