Verlossing = Selfverbetering

There are no crown-wearers in heaven who were not cross-bearers here below. —C.H. Spurgeon

Verlossing = Selfverbetering

Ons glo dat as jy suksesvol wil wees, moet jy ‘n goeie selfbeeld en baie selfvertroue hê. Die laaste ding wat ons wil hoor is dat ons niks kan doen om onsself te verlos nie. Ons glo dat ons belangrike antwoorde moet kry, ons dit binne onsself moet kry – nie buite nie; ook nie by God nie

 

Jeremia het probleme met mense wat nie van sy uitsprake hou nie – hy verkondig nie net goeie nuus nie, maar ook die swaarkry wat voorlê. Vals profete maak sy naam sleg. Hulle sê dat hy onnodig pessimisties is.  Dan sê die Here: Hulle het ‘n goedkoop raat vir die wonde van my volk. Hulle sê net: “ Alles is reg! Alles is reg!” Maar niks is reg nie. Wanneer hulle aan die kaak gestel word oor die gruwelike dinge wat hulle gedoen het, skaam hulle hulle nie eers nie, hulle weet nie van skaamte nie. Daarom sal hulle tot ‘n val kom soos al die ander voor hulle; wanneer Ek hulle straf, sal hulle omkom, sê die Here (6:14 – 15). Is ons skaam as ons iets verkeerd doen? Sê ons nie dikwels Alles is reg! Maar niks is reg nie. Ons kry basies dieselfde in Paulus se afsluiting in sy Brief aan die Romeine. Hy waarsku die gemeente teen mense wat verdeel en hulle afvallig maak van die leer wat hulle ontvang het. Dan sê hy: Met al hulle mooipraatjies en vleitaal mislei hulle die liggelowige mense (16:17  – 18).

Kry ons dit nie nog steeds in die kerk nie – mooipraatjies en vleitaal? Kyk maar na die voorpoedsteologie – God is daar vir my en my geluk. Verlossing word nou ‘n saak van selfverbetering.




Hoe weet ek ek is gered?

While thousands, careless of the damning sin,

Kiss the book’s outside who ne’er look within

William Cowper

Hoe weet ek ek is gered?

JD Greear sê dat hierdie ‘n algemene vraag is wat Christene vra. Daar is ‘n gedeelte in 1 Johannes 5 wat ons hier help. Ek gebruik Die Boodskap.

  • Ons het al ons hoop op verlossing op Jesus Christus geplaas
  • Die evangelie verseker ons deur te verkondig “Jesus in my plek” – nie hoe goed of hoeveel ek gedoen het nie. Die vraag is nie of ek ‘n spesifieke gebed gebid het nie, maar: “ Rus ek in Jesus?” Johannes skryf nie aan mense wat die sondaar se gebed gebid het nie, maar aan diegene wat glo in Jesus Christus. Dit gaan nie oor die gebed wat jy gebid het nie, maar oor jou huidige posisie.

  • Jy het ‘n nuwe natuur (vers 16 – 18)
  • As jy weergebore is, ontvang jy ‘n nuwe natuur. Hierdie nuwe natuur kom met nuwe begeertes. Tog weet ons ook dat iemand wat God se kind is, nie heeltyd al agter die sonde aanloop nie, want jy het nou nuwe begeertes. God verander ons, nie deur ons onder allerhande reëls toe te gooi nie, maar deur vir ons ‘n nuwe hart te gee. Jy hou nie meer van oneerlikheid of onsedelikheid nie. Jy vermy hulle, nie weens dreigemente van God nie, maar omdat hierdie dinge nie vir jou meer begeerlik is nie.

    Dit beteken nie dat jy onmiddellik volmaak is en glad nie meer stry met sonde nie. Jy sondig nie meer willens en wetens nie. Jy kan nie God liefhê en ook die dinge wat Hom seermaak nie. Jy kan nie met jou mond God loof en met jou lewe Hom kruisig nie. My liefde vir God blyk duidelik uit my lewe.

    En as jy terugval in sonde – iets wat ons almal doen – beskerm Christus ons. Een van die tekens dat jou verlossing eg is, is dat al val jy jy nooit permanent val nie. God bring jou keer op keer terug. ‘n Gelowige staan elke keer na ‘n terugslag weer op (Spreuke 24:16).

    Jou nuwe natuur word nie gekenmerk deurdat jy nooit val nie, maar deur wat jy doen as jy geval het. Verlossing beteken nie dat ek volmaak en sonder sonde is nie – dit beteken wel ‘n nuwe rigting.