Waar is God? Drie antwoorde

Smallness and bigness have nothing to do with numbers or size – Leonard Sweet en Frank Viola

Waar is God? Drie antwoorde

Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag waarna hier verwys word is: Waarmee is God besig – of nie besig nie – in ‘n wêreld vol tragedies en pyn? Hy het vantevore ook oor hierdie onderwerp geskryf. Ek gaan ‘n paar blogs spandeer aan sy boek.

Waar is God as ek swaar kry?  Dit is ‘n vraag wat net nooit weggaan nie. Die vraag wat ons wel kan beantwoord is: Waar is God? Die Bybel gee vir ons voldoende antwoorde op hierdie vraag.

Yancey sluit sy boek af met drie vrae en antwoorde:

  • God staan langs die een wat ly. God kan ons lyding met ons deel – Hy self het sy Seun verloor. Hy moet vir ons as model dien. Wat sou die dissipels gedink het oor Jesus se kruisiging? God is magteloos? God gee nie om nie? Maar God verander hierdie oënskynlike nederlaag in ‘n oorwinning – Jesus Christus staan op. God het nie verhoed dat goddelose dinge plaasvind nie. Nee, Hy verander iets wat goddeloos is – sy Seun se kruisdood – in ‘n oorwinning – Jesus Christus se opstanding.
  • Waar is God vandag as tragedies ons tref? In die kerk. Die kerk is sy gedelegeerde teenwoordigheid op aarde. Die eintlik vraag om te vra, is: Waar is die kerk as mense swaarkry? Die kerk moet inspring en help. Almal van ons het die gawe van liefde ontvang. Lyding isoleer ons, breek ons selfbeeld af, ens. Die liefdevolle teenwoordigheid van ‘n gelowiges kan dit oorwin. In tragedies moet die kerk sigbaar word deur mense wat sy roeping uitleef.
  • God se belofte van toekomstige herstel – ‘n nuwe hemel en aarde – is ons hoop. God berei vir ons ons ware tuiste voor. Vertrou ons Hom daarvoor? Sy opstanding bevestig hierdie hoop van ons. Eendag sal alles verander. I believe that God can and will generate good out of everything, even out of the worst evil. For that he needs people who allow that everything that happens fits the pattern for good (Dietrich Bonhoeffer)

Waar is God as ons seerkry? Hier langs ons in die vorm van die kerk.