Woorde uit die Bybel – Weergeboorte (2)

“Our religion will be unprofitable, if it does not change our heart, pervade our manners, and transform us into new creatures.” John Calvin

 

Woorde uit die Bybel – Weergeboorte (2)

When I use a word it means just what I choose it to mean – neither more nor less – Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

 Weergeboorte beteken ‘n drastiese verandering in ‘n mens – ‘n mens kom onder die gesag en beheer van die Heilige Gees. Die gevolg is dat die mens op God reageer en Hom gehoorsaam. Dit is egter nie iets wat ons as mense kan doen nie – alles is die gevolg van God se genade. Omdat hulle so op Hom vertrou, het Jesus alles vir hulle gedoen wat nodig was om God se kinders te word. God self het daarvoor gesorg dat hulle as sy kinders gebore word (Johannes 1:12 – 13).

 Is dit nodig dat ons weergebore moet word? Immers, ‘n kind wat uit ‘n mens gebore word, is maar net ‘n mens. Wie egter uit die Gees gebore word, begin geestelik lewe (Johannes 3:6). Soos Jesus vir Nikodemus verduidelik word iemand wat weergebore word deel van God se koninkryk.

 Wat is die vrug van weergeboorte? In 1 Johannes kry ons ‘n hele aantal antwoorde op hierdie vraag:

  • Wie dus die Vader liefhet, het ook sy kinders lief (5:1);
  • Elkeen wat so volgens God se wil reg optree, is ‘n ware kind van God (2:29);
  • Daarom mag die gedagte om iets te doen wat God ongelukkig maak, nie eers by ‘n kind van God opkom nie (3:9);
  • Aan liefde ken ‘n mens die kinders van God uit (4:7);
  • Elke kind in die familie van God is ‘n wenner; ‘n wenner oor hierdie sondige wêreld (5:4); en
  • Iemand wat God se kind is, nie heeltyd al agter die sonde aanloop nie. Die Bose kan nie ‘n houvas op hom kry nie (5:18).

 Weergeboorte is die gevolg van die werk van die Heilige Gees in die sondaar. Dit is die gevolg van ons geloof in Jesus Christus. Dit word gekenmerk deur ‘n lewe van gehoorsaamheid en liefde.

 

 




Woorde uit die Bybel – Weergeboorte (1)

I have held many things in my hands, and I have lost them all; but whatever I have placed in God’s hands, that I still possess. —Martin Luther

 

Woorde uit die Bybel – Weergeboorte (1)

When I use a word it means just what I choose it to mean – neither more nor less – Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

 Hy het dit oop en bloot vir ons kom wys toe Hy ons verlos het.  Natuurlik het Hy dit nie gedoen omdat ons so mooi geleef het nie. Nee, Hy het dit gedoen omdat Hy ons jammer gekry het God het ons heeltemal nuut gemaak. Ons is as ‘t ware ‘n tweede keer gebore toe ons sy kinders geword het. Die doop is die bewys daarvan. Dit sê vir ons dat ons ou, sondige mens dood en begrawe is en dat God ons ‘n tweede keer gemaak het. Maar God se goedheid het nie hier opgehou nie. Hy het ook nog sy Heilige Gees aan ons gegee om ons lewe van binne af te versier en nuut te maak (Titus 3:5). Wat ‘n wonderlike beskrywing. Ons lees dieselfde in Esegiël 36:26: Want Ek sal julle harte nuut maak. Dan sal julle heeltemal anders dink. Ek maak julle van voor af nuut. Ek haal julle ou harte uit wat kliphard geword het van al die slegte dinge wat julle doen. En Ek maak julle heeltemal gehoorsaam aan My. Hierdie vernuwing gaan nie oor klein aanpassings nie, maar oor ‘n radikale verandering in ons lewens. Nou weet ons dat as iemand aan Christus behoort, hy ‘n splinternuwe mens is; ‘n nuwe skepping in die kleine. Al die ou sondige dinge is dan iets van die verlede. Dan is die nuwe lewe hier! (2 Korintiërs 5:17).

 ‘n Baie belangrike gedeelte is Jesus se gesprek met Nikodemus (Johannes 3). Jesus sê vir hom: As iemand nie nog ‘n keer gebore word nie, sal jy sowaar nie deel word van die ryk waar God Koning is nie. Dit verstaan Nikodemus glad nie. ‘n Mens kan mos nie weer gebore word nie. Dan antwoord Jesus vir hom: Die pad na die ryk waar God Koning is, is toe vir elkeen wat nie gebore word uit lewende water en die Heilige Gees nie.

 

Volgende keer gaan ons verder met ons bespreking van weergeboorte.