Hoe definieer ons die wêreld

Hoe definieer ons die wêreld – Francois Malan

Thelma vra:

wil graag weet in 1 Johannes 2:15-17 praat dit van ons moenie in die wêreld wees of dinge van die wêreld doen nie. Hoe definieer ‘n mens die wêreld?

Antwoord

Prof. Francois Malan antwoord:

2:16 Hier verduidelik Johannes wat ‘al die dinge wat in die wêreld’ is, wat teen God staan:

Bose begeertes (i) en valse waardes (ii) gaan oor onheilige begeertes na dinge en posisies wat ons nie het nie, en egoïsme (iii) gaan oor onheilige trots oor prestasies of dinge wat ons het.

2:17 Die wêreld met sy dinge wat begeer word, is aan die verbygaan. Dit is die tweede rede waarom ‘n Christen nie die wêreld moet liefhê nie (die eerste rede in 2:15-16: liefde vir die wêreld en liefde vir God sluit mekaar uit). Die dinge van die wêreld het egter nie permanente waarde nie, so ook nie die begeerte na die dinge van die wêreld nie

 

Prof Francois Malan