Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke (3)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke (3) – Hennie Stander

Grotbewoners

In die antieke tye in die Midde-Ooste het talle mense in grotte gebly, alhoewel die meeste mense oor die algemeen egter reeds uit hul grotwonings getrek het. Gedurende die Bybelse tye, was daar nog steeds mense wat in grotte gewoon het. So lees ons van Lot wat saam met sy twee dogters in ‘n grot gaan woon het na sy vlug uit Sodom (Genesis 19:30). Ook die Edomiete het hulself stewig ingegraaf in die rotsagtige gebiede van Petra (wat “klip” beteken).

Obadja verwys na die Edomiete “wat woon in die rotsklowe op hoë plekke” (Obadja 3). Volgens antieke geskrifte wat nie in die Bybel opgeneem is nie, is ook Jesus in ‘n grot gebore. Hierdie tradisie weerspreek nie noodwendig die Bybelse inligting wat  

In die Bybelse tye het die meeste mense egter reeds in vestings gewoon wat goed teen vyandige aanvalle beskerm was en waar daar ook ‘n watervoorraad beskikbaar was. Sommige het egter ook ‘n semi-nomadiese lewenswyse aangeneem en in tente gewoon. Hulle het dan saam met hulle kudde van oase tot oase beweeg soos wat die weiding opgeraak het.

 

Tentbewoners

Abraham het die gevestigde gemeenskap van Ur in Chaldea verlaat en deur die geloof ‘n tentbewoner geword terwyl by geglo het dat God uiteindelik ‘n permanente land aan sy nageslag sou gee (Hebreërs 11:9). Die semi-nomadiese lewenswyse van Israel voor hul vestiging in Kanaän het ‘n beweeglike woning soos die tent vereis. Verder het hul veeboerdery hul genoodsaak om dikwels van woonplek te verwissel ter wille van weiding en water vir die vee. Ons lees dikwels in die Skrif dat die tent as woonplek gebruik is (Genesis 4:20; 13:5; 18:1; 26:25; 31:33; Eksodus 33:10). Maar ons lees selfs in die Koningstyd nog van tente wat as wonings gebruik is (1 Samuel 13:2; 2 Samuel 18:17; 2 Samuel 19:8; 2 Samuel 20:1). Hierdie lewenswyse het egter nooit heeltemal doodgeloop nie en die lewenswyse van die moderne Bedoeïen stem baie ooreen met die van Abraham.

tentvroue

 

Die vrouens se gedeelte in die tent. Let op die vloerbedekkings en die verskeidenheid van potte en kruike wat vir stoordoeleindes gebruik is

Israel se tentlewe het ‘n belangrike deel van hulle verlede geword en God het later, wanneer hulle afgedwaal het, dikwels na hierdie fase in hul bestaan is niemand soos Ek nie”. Verskeie terme wat verband hou met ‘n tentlewe is later in ‘n figuurlike betekenis deur Bybelskrywers aangewend. So lees ons byvoorbeeld aan die begin van die Johannesevangelie dat die Woord het mens geword en het onder onsgewoon.” (Johannes 1:14). Die woord wat met “gewoon vertaal word, het oorspronklik “tent opslaan” beteken. Ons moet egter nou net waak daarteen dat ons nie hierdie woord se betekenis “oorlaai”deur allerhande addisionele betekenissein hierdiefiguurlike betekenis in te lees nie. Dit sou byvoorbeeld verkeerd wees om in ‘n ieder en elke plek waar die woord “tent (opslaan)” voorkom,ook die konsep van “tydelikheid” of “kort tydjie” in te lees. In 2 Korintiërs 5:1,4 vergelyk Paulus wel ons liggaam met ‘n tent en daar is die bedoeling inderdaad dat die liggaam waarin ons “gehuisves” word, van verbygaande aard is. Wat Johannes 1:14 betref, wat ons hierbo aangehaal het, moet ons dit waarskynlikveel eerderin die lig vanEksodus 25:8-9 verstaan waar God die volk Israel beveelom ‘ntent te maak sodat Hy onder hulle kan bly. Vir ‘n persoon in die Bybelse tyd was dit dus ‘n algemene begrip dat God ‘n tent as woning op dieaarde het. Toe Johannes dus wou dat God onder die mense kom woon het, het hy dit figuurlik uitgedruk as “tent opslaan” sonder om noodwendig daarmee op die tydelike aard van Jesus se aardse bestaan to fokus.

‘n Bedoeiengesin buitekant hul eenvoudige tent naby Hebron.

 

Die tent

Die tent van mense in Bybelse tye is gemaak van velle of van ‘n lang stuk seil of materiaal wat van bokhaar geweef is: Dit is dan oor ‘n paalraamwerk getrek om ‘n langwerpige sonskerm te vorm, terwyl die twee eindpunte daarvan met tou en tentpenne in die grond vasgeslaan is (vgl Rigters 4:21). In Hooglied 1:5 lees ons dat hierdie tente n bruinerige kleur gehad het.

bedoeintentwoestyn

‘n Bedoïentent in die woestyn van Judea

Die “voorkant” en die “agterkant” van die tente is gevorm deur vertikale behangsels. Dit is gemaak van matte wat van riete of biesies geweef is, of van “gordyne” wat van bokhaar-gemaak is. Hierdie behangsels is ook gebruik om afskortings binne die tente te vorm, soos byvoorbeeld om families, te skei, of die diere van die mense te skei.

                                                                              .

Die tent kon groter gemaak word deur bloot ekstra lengtes aan die oorspronklike tentdoek aan te werk. In Jesaja 54:2 word juis hierdie “groter maak van die tent as beeld gebruik vir die uitbreiding van die Joodse volk. Hierdie tentdoek was nie waterdig alvorens die eerste reëns dit laat krimp het nie. Op die vloer was daar leer- of strooimatte.

 

Tente is dikwels so gegroepeer om al die lede van n familie te huisves. Groot tente is afgeskort in mans en vroue ontvangs en woonvertrekke, asook vir die slawe. Soms is daar ook, na gelang na die vermoë van die eienaar, afsonderlike tente opgeslaan vir die verskillende lede-‘ van die huishouding (Genesis 31:33). Tente is ook nie sommer hot en haar opgeslaan nie. Tydens die omswerwinge van die Israeliete tussen Egipte en Kanaän, is daar duidelike riglyne gegee waar die tente van die verskillende families opgeslaan moes word (Numeri 2).

 

‘n Mens moet egter nie die fout maak om to dink dat tente noodwendig almal primitief was nie. Die rykes se tente was beslis meer luuks; ook die inhoud van die tent het saamgehang met die vermoë van die eienaar.

tentfases

Die verskillende fases waarin ‘n tent opgerig is. So ‘n tent is van materiaal of van bokhaar gemaak

 

Skrywer:  Prof Hennie Stander

 




Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke(2)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke(2) – Hennie Stander

Die verkoop van grond

familie finansiële druk ervaar het, maar al die grond wat so verkoop is, moes in die jubeljaar (hersteljaar) aan die oorspronklike eienaar teruggegee word. So ‘n jubeljaar of hersteljaar het elke 50 jaar aangebreek. (Levitikus 25:10). Die verkoopswaarde van die land is bereken volgens die aantal jare wat daar nog oor was tot die, aanbreek van die volgende jubeljaar (Levitikus 25:13-17). Die doel van hierdie gebruik was om seker te maak dat enkele persone nie eiendom kon opgaar ten koste van die behoeftiges nie. Volgens Miga 2:2 lyk dit nie of hierdie maatreël gehelp het om sulke uitbuiting te voorkom nie.

Elke verkooptransaksie is deeglik beplan. Die geld is afgeweeg en ‘n uitgetrek en dit aan die ander gegee as bewys dat hy afstand gedoen het van sy eiendom (Rut 4:7-8). Wanneer ‘n lid van die familie wat van die grond moes verkoop, in staat gestel word om die grond namens die familie terug te koop, moes dit onverwyld gedoen word.

 

Oorerwing

horn moes kom. Daar het nie ‘n geskrewe testament bestaan nie, maar die vader het kort voor sy sterwe mondelings opdrag gegee oor hoe die verdeling moes plaasvind.

 

dit ook gesê word dat die regte van die oudste deur die wet beskerm is in die sin dat die pa nie ‘n ander seun, wat gebore is uit die vrou van sy voorkeur kon bevoorreg bo sy oudste seun nie (Deuteronomium 21:15-17). Verder het die seuns van bywywe wat slawe was geen deel gehad in die erfenis nie, behalwe as die vader hul op gelyke voet geplaas het met die seuns van sy vrygebore vrouens. So sien ons dat Sara gevra het dat Abraham vir Ismael, die seun van Hagar, moes wegjaag sodat hy nie erf nie (Genesis 21:10). Die seuns van die slaafvroue Bilha en Silpa, daarenteen, het weer gelyke behandeling met die seuns van Ragel en Lea ontvang (Genesis 49:1-28).

Woonplek1

Vondse in die grotte op Berg Karmel toon aan dat dit van so vroeg of as die Ou Steentydperk bewoon is.

Indien daar geen seuns was nie, kon die erfenis op die dogters oorgaan (Numeri 27:1-11). Daar was egter ‘n voorwaarde daaraan verbonde, naamlik dat sy dan met iemand uit die stam van die vader moes trou (Numeri 36:6). Die doel van hierdie maatreël was om te verseker dat die eiendom steeds binne die stam bly.

 

Skrywer:  Prof Hennie  Stander

 




Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke(1)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke(1) – Hennie Stander

Die huise in die Heilige Land word vandag deur veral twee prominente eienskappe gekenmerk. In die eerste plek het die huise almal baie dieselfde styl en voorkoms. Hulle neig almal om redelik vierkantig te wees, met ‘n plat dak en met trappe aan die buitekant en is oor die algemeen van wit kalksteenblokke gebou. Hierdie boustyl het ontstaan as gevolg van die heersende klimaat, die beskikbaarheid van boumateriaal en ‘n oorspronklike behoefte om so te bou dat plek bespaar word. Die tweede tipiese kenmerk van die woonplekke in Israel van vandag is dat baie ou huise nog steeds bewaar word tussen die redelike nuwe huise met die gevolg dat besoekers vandag nog, direk langs moderne huise, voorbeelde kan sien van wonings wat sekerlik nie veel verskil van dit wat in Bybelse tye bewoon is nie

Verdeling van die land

Die Israeliete het hul grondgebied deur verowering verkry en elke stam en familie het hulle eiendom as komende uit die hand van God beskou. Die wyse waarop die land verdeel is, word vir ons in die tweede helfte van die boek Josua beskryf. Die area is met ‘n tou of maatlyn verdeel en dit is daarna deur die lot toegeken (Amos 7:17; Psalm 78:55; vgl. ook Sagaria 2:1-2). ‘n Lot was amper iets soos ons hedendaagse dobbelsteentjie. Dit het waarskynlik bestaan uit ‘n klippie of ‘n stukkie erdewerk of selfs ‘n stokkie wat spesiaal gemerk is. Daar is nogtans geglo dat dit  volkome onder die beheer van God was wanneer dit gewerp is. Die outeur van die boek Spreuke bevestig dit met die woorde “In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die Here” (Spreuke 16:33). Wanneer Dawid sê: “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi” (Psalm-16:6) verwys hy na die maatlyn waarmee grondgebied verdeel is. Hy gebruik dit egter as ‘n beeld waarmee hy God dank vir Sy Voorsienigheid en Dawid sien in sy, materiële voorspoed die goedheid van .God raak.

 

Nadat die grond toegeken is, is dit met een of ander baken afgemerk,soos n hoop klippe, ‘n natuurlike landmerk of. ‘n dubbele voor van geploegde land. Niemand mag so ‘n. landmerk verskuif het nie omdat die grond n geskenk van God was en omdat die verskuiwing van ‘n landmerk reëlreg ingegaan het teen Sy opdrag (Deuteronomium 19:14; 27:17). Om hierdie selfde rede was dit ook oneervol om so ‘n gebied wat jy as erfenis ontvang het, te verkoop. Juis om hierdie rede het Nabot geweier om sy wingerdaan Koning Agab te verkoop en laasgenoemde kon horn ook nie verplig om dit te doen nie (1 Konings 21).

Hebron – soos dit vandag lyk. Die huise en die ongeordende uitleg van strate van vandag lyk nie veel anders as wat dit in die Bybelse tye gelyk het nie.

Hebron

 

 

Die oasisdorp van Al Ula Hedjaz, Arabië (die BybelseDedan). Hierdie huisies, elk met sy binnehof, stem baie ooreen met die huise van die Ou Testamentiese tye.

oasisdorp

 

 

Skrywer:  Prof Hennie Stander