Teleurstellings

image_pdfimage_print

 

“Science is like a compass. It can tell us where north is, but it can’t tell us if we want to go north. That’s where our morality comes in.” – Nathaniel P Hitt.

 

Teleurstellings

‘n Plek waar ons nie graag wil wees nie, is 1 Konings 19. Ons wil graag in 1 Konings 18 wees. In 1 Konings 18 is Elia die instrument in God se hande om sy heerlikheid te openbaar. Daar op Berg Karmel gebruik God vir Elia om die Baälpriesters te vernietig. Die probleem is dat ons onsself dikwels in Hoofstuk 19 bevind. Elia beweeg van ‘n hoogtepunt – ‘n oorwinning – na sy diepste teleurstelling. Almal van ons het al teleurstellings ondervind. Wat doen ons dan? Vra ons vir God “Hoekom?”

 

Tot op hierdie stadium in die Ou Testament het niemand behalwe Moses hierdie soort bediening gehad nie. Elia het na goeie en groot dinge verlang. Hy dien God met moed. Maar hy weet ook hoe dit voel as sy hoop vernietig word. Hy weet hoe dit voel om elke droom te verloor. Maar Elia kan ook van die deernis en genade van God wat hom agtervolg het getuig. Wat leer ons in 1 Konings 19?

 

Elia het pas op Berg Karmel God se mag gesien werk. Hy hardloop selfs voor die koning se wa. Maar toe kom daar ‘n boodskapper by hom aan. Hierdie boodskapper bring ‘n boodskap van die vrou wat die profete van die Here doodgemaak het – Isebel. Haar boodskap sê dat sy die volgende dag met hom gaan doen wat hy met haar priesters gedoen het. Wat doen Elia? Vertel hy vir haar sy moet weer dink oor wat die vorige dag gebeur het? Nee. Elia het bang geword en ter wille van sy lewe gevlug. Het Elia vergeet dat hy die enigste ware God aanbid en dien? Hy is ‘n teleurgestelde man, want sy lewe het in duie gestort. Sy droom sal nooit vervul word nie.

 

Wat wil Elia gehad het? Ons sien dit in vers 10: Ek het my met hart en siel gewy aan u saak, Here,Almagtige God. Die Israeliete het die verbond met U verbreek. Hulle het u altare afgebreek en u profete doodgemaak. Net ek alleen het oorgebly, en hulle soek my om my ook om die lewe te bring. Hy sê dit weer in vers 14. Elia verlang ‘n herlewing waarin die Baäls uitgegooi sal word. Dit is waarvoor hy geleef het. Elia besef dat dit nie gaan gebeur soos hy daaroor gedroom het nie.

 

Ook getroue kinders van God ondervind teleurstellings. Dan leer jy wat jy liefhe en wat jy glo. Jy leer waar jou tevredenheid is – waar jou skat is. Dit is wat met Elia gebeur het. Hy vlug tot binne in die woestyn,

 

Elia vlug, want hy het sy boodskap vergeet. Hy het skoon van God vergeet. Elia se naam beteken “My God is die Here.” Eh hy het dit vergeet. Wat wil Elia hê? Hy sit op Horeb. Eers kom daar ‘n sterk wind – maar die Here was nie in die wind nie. Toe kom daar ‘n aardbewing – maar die Here was nie in die aardbewing nie. Toe kom daar ‘n vuur – maar die Here was nie in die vuur nie. Die Here kom in ‘n windstilte. Elia kry opdrag om na die Damaskus-woestyn te gaan, moet hy vir Gasael as koning van Aram salf

 

Elia se boodskap aan die volk was om afstand te doen van afgodery en die een, lewende en ware God te aanbid. God weier dat Elia daardie boodskap verkondig voorfat hy dit self glo. God gaan ons nie toelaat om ‘n boodskap te verkondig wat ons nie self glo nie.

 

Ons lees weer van Elia in 2 Konings 2. Al lyk dit soms of God hard met sy dienaars werk, kan ons seker wees dat sy voorsiening liefdevol is. Hy sal jou met deernis en in genade volg sodat jy vreugde kan ondervind. So gebeur dit ook met Elia: hy word in die hemel opgeneem.

 

Dit is die God wat ons dien. Hy sal jou nie as dienaar gebruik en dan vir jou alleen laat met jou teleurstellings nie.

 

image_pdfimage_print