Teologie van die kruis

Our pleasure and our duty, though opposite before,

Teologie van die kruis

 

Om pyn te vermy is een ding, maar die totale onverdraagsaamheid of ontkenning van pyn is iets anders. Terugslae is vir ons onaanvaarbaar, want ons is behep met persoonlike beheer.

Al waarin die moderne mens belangstel, is vooruitgang, vooruitgang, vooruitgang. In baie kerke word ‘n Christelike geloof verkondig wat sê dat geloof lei tot persoonlike verbetering op alle gebiede. Daarom hoor ons dikwels die stelling dat lyding die gevolg is van ‘n gebrek aan geloof. In evangelisasie hoor ons dan: “Aanvaar Jesus Christus as jou Verlosser en al jou drome sal waar word.”

‘n Teologie van die kruis verstaan dat die kruis ‘n stelling is van God se betrokkenheid by hierdie wêreld. Hierdie teologie aanvaar dit wat moeilik is. Luther sê dat God in lyding weggesteek is, en dat Hy aan die werk is in ons angs en twyfel. As jy nie meer hoop in jouself het nie, draai jy na Hom vir genade.