Terug na die Ou Testament: Allerlei (3)

Terug na die Ou Testament: Allerlei (3) – Adrio König

6.3 En die besnydenis?

  • Die besnydenis word net soos die Sabbat en die ander gebruike “ewige” gebruike genoem. Alreeds by die instelling van die besnydenis word dit ‘n “ewige verbond” genoem (Gen 17:13 – 1953-vertaling).
  • Die Here maak byna vir Moses dood omdat hy nie sy seun besny het nie (Eks 4:24-26).
  • Toe die volk vir ‘n tyd lank tydens die woestyntog nie meer besny is nie, het die smaad van die Here op hulle gerus, die smaad wat eers weer weggeneem is toe Josua almal laat ná die intog in Kanaän besny het. (Jos 5:9).
  • Jesus is self ook besny (Luk 2:21).
  • Ons weet die Christene in Jerusalem het nog hulle seuntjies besny (Hand 21:21).
  • Waarom gebruik ek juis hierdie vreemde uitdrukking: “die evangelie van die besnydenis”? Dit is hoe die Grieks lui in Galasiërs 2:7, 8, 9. Die 1953-vertaling het dit nog só. En dit wys hoe belangrik die besnydenis nog vir die vroeë Joodse Christene was.

    Waar is die besnydenis in die Nuwe Testament vir die Jode afgeskaf?

     

    Prof Adrio König