Terug na die Ou Testament: Die Feeste (4)

Terug na die Ou Testament: Die Feeste (4) – Adrio König

Intussen is daar nog drie feeste wat dan nog nie vervul sou wees nie:

  • die fees van die ramshorings.
  • Die groot versoendag.
  • Die (loof-)huttefees.

Dit sou dan die feeste wees wat vervul gaan word by die wederkoms van Christus.

Hierdie feeste word in die najaar gevier, al drie binne 15 dae.

Maar dié soort verwysings kan darem nie werk nie. Hierdie fees het eenvoudig nie hierdie betekenis in die Ou Testament nie. Nóg in die Ou Testament, nóg in die Nuwe is daar enige verwysings of sinspelings daarop dat hierdie gegewens oor die fees (die trompet en die tien dae) na iets in die toekoms verwys. En nêrens in die Nuwe Testament is daar enige aanduiding dat hierdie gegewens (die trompet en die tien dae) na die koms van Christus of die verdrukking verwys nie. Dit beteken dat daar iets willekeurigs in hierdie aansprake is.

Ja, is die antwoord. Op die dag van sy wederkoms sal die Here Jesus die sonde van Israel beëindig. Hiervolgens verteenwoordig hierdie versoendag eintlik die behoefte aan versoening vir die volk Israel, en dit word dan deur Jesus vervul. Vooraf, tydens die bruilof van die Lam, wat direk ná die wegraping gevier sal word, sal Jesus ook as sodanig erken en geëer word.

Maar is dit nie erg gedronge nie? Dit het by die groot versoendag nie gegaan oor die behoefte aan versoening nie, maar oor versoening. Daar is die volk se sonde versoen. Daar staan niks daarvan dat hulle sonde eers beëindig sal word by die wederkoms van Jesus nie. Ook nie in die Nuwe Testament nie.

Verder word interessante ooreenkomste getref tussen

  • die nederige klere van die priester op daardie dag, en Jesus wat in nederigheid gekom het,
  • die wit klere van die priester en die reinheid van Jesus,
  • Maar daar word nêrens in die Bybel enige verbande gelê tussen hierdie dinge nie. Ek sou nou regtig kon dink ‘n mens kan probeer om ‘n verband te lê tussen die groot versoendag en die kruisiging van Jesus. Maar ek het selfs dit nog nie in die Bybel raakgesien nie.

    Daar word taamlik algemeen aanvaar dat hierdie fees ‘n voorskou is van die duisend jaar van vrede wat begin by Jesus se wederkoms. Die woon in hutte sou dan heenwys na Jesus wat op die aarde kom woon. Dit sou dan natuurlik nog nie die nuwe aarde wees nie. Volgens hierdie siening sal die nuwe aarde eers kom ná die duisend jaar en na die duiwel in die vuuroond gegooi is.

    En verder is dit opvallend dat hierdie mense glo die feeste is ‘n voorskou van die hele verlossingsplan van God, maar die laaste fees wys net na die duisend jaar. Eindig God se verlossingsplan met die vrederyk op die ou aarde, of op die nuwe aarde?

    As ‘n mens terugkyk op die pad wat ons die afgelope aantal bladsye geloop het, is dit nie oortuigend nie. Dit is gedronge. Daar word ten alle koste gegryp na vreemde soorte van ooreenkomste. Daar is die absolute minimum Bybelse verwysings waarvan die meeste eenvoudig nie sê wat hulle veronderstel is om te sê nie.

    • Daar is geen aanduidings in die Ou Testament dat hierdie feeste hierdie betekenis het nie.
    • Volgende keer die vraag: Moet Christene nog hierdie feeste vier?

       

      Prof Adrio König