Terug na die Ou Testament: Vorms van terugkeer na die Ou Testament: Galasiërs en Hebreërs (2)

Terug na die Ou Testament: Vorms van terugkeer na die Ou Testament: Galasiërs en Hebreërs (2) – Adrio König

4.2.1 Joodse Christene wil terug na die Ou Testament

Maar intussen het ons in die Nuwe Testament een merkwaardige voorbeeld van ‘n radikale terugkeer na die Ou Testament, die Brief aan die Hebreërs. Die skrywer doen eintlik niks anders nie as om die lesers te waarsku hoe gevaarlik dié soort terugkeer is wat hulle oorweeg, ‘n terugkeer wat baie radikaler is as dié in Galasië. Dit kan dus verhelderend wees om hierna te kyk.

In Galasiërs het die Judaïste nog gemeen hulle erken Christus se betekenis ten volle, hulle wil net iets byvoeg. Maar in Hebreërs oorweeg die gelowiges skynbaar regtig om Christus self prys te gee en volledig terug te gaan na die Ou Testamentiese vorm van die godsdiens.

Daar is heelwat waarskuwings wat in dié rigting wys.

  • “Hoe sal ons kan ontkom as ons so ‘n groot saligheid verontagsaam het” (2:3).
  • Ons behou deel aan Christus as ons enduit volhard in die vertroue waarmee ons begin het” (3:14).
  • Hulle moet oppas “dat dit nie miskien later blyk dat een van julle agter gebly het nie” (3:1).

Wat is die omstandighede? Die Brief is duidelik gerig aan Joodse gelowiges. En dit is mense wat alreeds erg vervolg is oor hulle geloof (11:32-34). Maar waarom dan terug na die Ou Testament?

Dit was dus skynbaar vir hierdie Joodse Christene net teveel om so vervolg te word. Hulle onthou goed dat hulle nie vervolg was voor hulle bekering nie, en hulle weet as hulle hierdie geloof los, sal die vervolging weer ophou.

4.2.2 Christus is groter as …

’n Mens sien dit sommer dadelik as jy net deur die Brief blaai, hoofstuk vir hoofstuk.

  • groter as Moses (oa 3:3-6).
  • groter as die priesters (oa 7:23-25).
  • Natuurlik leer ons baie uit die Ou Testament. Natuurlik het die Ou Testament geweldig baie waarde. Natuurlik kan ons glad nie die Nuwe Testament ten volle verstaan sonder die Ou Testament nie. Natuurlik is die Ou Testament onontbeerlik om die werk van Christus ten volle te verstaan.

    Maar wanneer dit op ‘n keuse aankom, word dit eintlik ‘n onsinnige keuse.

    Moses was sondermeer die simbool van hulle hele godsdiens. Sy naam verskyn meer as 700 keer in die Ou Testament teenoor Abraham net meer as 200 keer.

    Maar in vergelyking met Jesus verdwerg hy. Volgens Hebreërs was hy maar net ‘n dienaar in die huis van God terwyl Christus die Seun oor die huis is (Heb 3:5-6).

    Dis maar net nóg ‘n voorbeeld van hoe die gety in die Nuwe Testament geleidelik téén Moses en “die wet van Moses” gekeer het. ‘n Mens moet onthou dat die wet van Moses gestaan het vir die manier waarop Israel die Here gedien het: Die besnydenis, die sabbat, die tempel, priesters, offers, feeste. Dit is hierteen wat Hebreërs se negatiewe uitsprake gerig is.

    Maar kom ons kyk net ‘n bietjie nader na Hebreërs. Kom ons maak net ‘n lys.

     

    Prof Adrio König