Twyfel en ongeloof

 

Watching church on tv and calling it worship is like watching a cooking show and calling it eating – Jim West

 

Twyfel en ongeloof

Twyfel jy ooit aan wat die Bybel van God sê? Twyfel jy aan die evangelie? Is dit wat ons as Christene glo, waar? As jy met twyfel in jou lewe gestry het, moet jy nie moed verloor nie, want jy is nie alleen nie. Doubt is natural within faith. It comes because of human weakness and frailty – Alister McGrath. Ons moet dit van ongeloof onderskei. Ongeloof is ‘n besluit om jou lewe te leef asof daar geen God is nie. Dit is ‘n doelbewuste besluit om Jesus en alles wat Hy verteenwoordig te verwerp. Twyfel ontstaan in die konteks van geloof. Dit is ‘n verlange om seker te wees van die dinge waarop ons vertrou.

 

As die Nuwe Testament oor twyfel praat, fokus dit hoofsaaklik op gelowiges. Jy moet iets glo voor jy daaraan kan twyfel. Twyfel is daarom ‘n unieke probleem van gelowiges. Selfs vir diegene wat baie getrou voorkom, is geloof soms swaar veral as die laste van die lewe swaar is. Die goeie nuus is dat selfs in ons twyfel sal die God van wie ons seker wil wees ons ontmoet net daar waar ons is. Hy wil ons van sy trou verseker.

Doubting does not prove that a man has no faith, but only that his faith is small. And even when our faith is small, the Lord is ready to help us – J. C. Ryle

 

Johannes die Doper, die grootste profeet wat ooit geleef het, het met twyfel gestry. Die profeet wat Jesus as die grootste man ooit gebore beskryf het, het oor die identiteit van Jesus getwyfel (Matteus 11). Jesus nooi ons uit om in Hom te rus wanneer geloof moeilik en die las swaar is.