Tyd vir verandering

 

And this is one of the most crucial definitions for the whole of Christianity; that the opposite of sin is not virtue but faithSøren Kierkegaard,
Tyd vir verandering

‘n Nuwe jaar vol nuwe geleenthede. Baie van ons het sekere voornemens vir 2015 gemaak – baie van hulle het ons al vergeet. Die lewe gaan oor prioriteite en perspektief – ‘n lewe van betekenis en nie doeltreffendheid nie.

 Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ‘n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar ‘n damp wat ‘n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn (Jakobus 4:13 – 14). God wil hê dat ons betekenisvolle dinge moet doen, want ons mag dalk nie môre daarvoor tyd hê nie. Wat moet ons doen?

  1. Soek vir Jesus geleenthede.

Maak soos Maria: Maria wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het (Lukas 10:39). Marta, daarenteen was vasgevang in die besigwees strik. Jesus sê: Maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie (10:42). Om met Jesus te wees, verander ons perspektief op die lewe, maar dan moet ons hierdie geleenthede raaksien en daarop reageer. Maak elke dag tyd vir Jesus.

 

  1. Soek geleenthede om ander lief te hê

Ons is so besig met ons te-doen lysie dat ons glad nie die geleenthede om ander lief te hê, raaksien nie. Wat was die betekenisvolste oomblikke in jou lewe? Was hulle beplan? Miskien ‘n paar, maar die oomblikke van ware betekenis is wanneer ons gaan stilstaan het en aandag aan ‘n verhouding gegee het. Wees altyd beskikbaar vir geliefdes in ‘n krisis.

 

  1. Kyk vir wat onsigbaar is

Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig (2 Korintiërs 4:18). Wat beteken dit? Wees bewus van God se ewige plan en pas jou tydelike planne aan. Al maak die mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas (Spreuke 19:21). Maak tyd vir verandering in jou visie en kyk om ewigheidsdoelwitte te bereik.

 

  1. Skep ryk verhoudings

Ons is so besig om geld te verdien in plaas daarvan dat ons in verhoudings belê. Verhoudings is ewig. Verhoudings vereis kommunikasie en vereis tyd om te luister. People don’t care how much you know, until they know how much you care.

 

Pas jou dagboek aan en doen wat werklik belangrik is – die dinge wat jou lewe sal vorm.