Verbruikersgeloof

The essence of God’s action in wrath is to give people what they choose, in all its implications. —J.I. Packer

 

Verbruikersgeloof

Daar kom oomblikke in die lewe van gelowiges wanneer wat God vir ons wil hê en wat ons vir onsself wil hê, verskil. Die apostel Petrus het met dieselfde spanning gesukkel – en aanvanklik het hy maar gesukkel. In Markus 8:27 – 38 lê Jesus drie elemente van ‘n verbruikersgeloof bloot.

  1. Jy het verbruikersgeloof as jy verwag dat Christus alle swaarkry uit jou lewe sal verwyder

Wie sê julle is ek? Petrus het pas hierdie vraag van Jesus korrek geantwoord. Dit is sekerlik een van die belangrikste vrae wat enige mens ooit kan antwoord. Jesus leer daarna sy dissipels dat Hy  baie sal ly en verwerp sal word. Petrus neem vir Jesus opsy en berispe Hom! Jesus wys vir Petrus tereg deur vir Petrus Satan te noem. Hoekom was Jesus so ontsteld oor wat Petrus gesê het? Dit is om Petrus geglo het dat die Messias gekom het om alle swaarkry uit sy lewe weg te neem.

 

Jesus sê in werklikheid vir Petrus dat Hy hom nie van swaarkry gaan verlos nie, maar deur swaarkry. Jesus het gekom om sy kruis te dra en wie Hom wil volg, moet sy eie kruis dra. Almal kom by so ‘n punt in hulle lewens – as die kanker nie genees word nie, as die huwelik nie gred word nie … Dan vra God vir ons: “Hoekom volg jy My? Is dit vir die voordele wat Ek kan gee of omdat Ek so waardevol in jou lewe is.”

 

  1. Jy het ‘n verbruikersgeloof as jy aan dissipelskap in terme van selfvervulling in plaas van opoffering dink

Almal van ons het sekere verwagtings van Christus. Ons verwag dat daar sekere dinge is wat Hy vir ons moet doen. Hy sê: “Ek is op pad na die kruis om te sterf. Wie gaan saam met My?”

 

Dietrich Bonhoeffer sê: “When Jesus bids a man to follow him, he bids him come and die.” Jesus het ons verlos sodat ons kan dien. Daarom roep Hy ons om Hom te volg.

 

  1. Jy het ‘n gebruikersgeloof as daar perke is aan jou gehoorsaamheid aan God.

Petrus was baie opgewonde om Jesus te volg toe dit genesing en mag en gewildheid beteken het. Maar hierdie pratery van swaarkry en opoffer en diens besef Petrus dat om Jesus te volg iets kos. Hy sê vir ons om iemand van wie ons niks hou nie te vergewe; Hy vra jou om Hom op ‘n sending te volg na waar jy nie wil wees nie, ens. Nou moet jy besluit hoe waardevol Hy vir jou is. Wil jy iets van Jesus hê of wil jy vir Jesus hê?

 

Jesus kom nie om ‘n deel van my lewe te wees nie – Hy kom om die middelpunt van my lewe te wees. Terwyl ons gehoorsaamheid aan Hom nog perke het, staan ons nog self in die middelpunt van ons lewens. Ons moet met oop hande na Jesus toe kom en sê: “Alles wat ek is, alles wat ek het, alles wat ek hoop om te wees … alles behoort aan U.’