Verlore in vertaling

 

God loves you right now. He doesn’t love some future version of you that tries harder or is more obedient. —Justin Holcomb

 

Verlore in vertaling

Greg Gilbert het onlangs ‘n belangrike boek geskryf: “Why Trust the Bible?” Hierdie is vandag ‘n algemene probleem: Mense vertrou nie meer die Bybel nie. Ek gaan ‘n hele aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Kan ons seker wees dat dit wat ons in ons eie taal lees, dit wat die skrywer wou sê akkuraat weerspieël? Is die proses van vertaling enigsins moontlik? Ja, maar dit vereis baie werk. Eerstens moet die betekenis en struktuur van beide tale verstaan word. Daarna moet woorde in die vertaling gekry word wat die betekenis van die oorspronklike akkuraat vasvang. Vertaling beteken dat ek die betekenis van ‘n woord en sin moet verstaan en dan daaraan werk om dit is ‘n ander taal te stel wat verstaanbaar is vir ‘n ander persoon. Vertaling is nie eenvoudig of maklik nie, maar dit is moontlik.

 

As dit dan waar is hoekom is daar so baie verskillende vertalings van die Bybel? Selfs al gebruik hulle verskillende woorde vir dieselfde Griekse of Hebreeuse frase, twyfel ons nie oor wat die oorspronklike skrywer gesê het nie. Dit help dikwels vir ons as ons meer as een vertaling langs mekaar lees – dit maak die beeld meer volledig.

 

Natuurlik is daar sekere woorde en frases wat moeilik is om te vertaal. Vertalers mag dan verskil. Selfs dan moet ons ‘n paar dinge in gedagte hou.

  1. Dit is ‘n baie klein persentasie woorde waaroor daar verskille is.
  2. Waar daar verskille of onsekerheid is, sal die beste vertalings dit in ‘n voetnota erken. Hulle sal die leser bewus maak van ander vertalingsmoontlikhede.
  3. Die groot getal vertalings help ons om misleidende vertalings te identifiseer en te vermy. So byvoorbeeld lees ons in Johannes 1:1: en die woord was self God. In die vertaling van die Jehova getuies lees ons: en die Woord was ‘n god. Dit is iets wat al die ander vertalings verwerp.
  4. Nie een belangrike leerstelling van die Christelike geloof berus op ‘n onseker of omstrede vertaling van die Bybel nie.

 

Maar nog steeds die vraag: Hoekom is daar so baie vertalings van die Bybel? Dit word bepaal deur hoe mense die Bybel in hulle lewens gebruik. Mense lees die Bybel in hulle stiltetyd; hulle preek uit die Bybel; hulle gebruik dit in Bybelstudies; hulle bestudeer dit; hulle verdedig hulle verstaan van hulle geloof uit die Bybel. In meeste van hierdie gevalle sal ‘n woord vir woord vertaling uit Hebreeus of Grieks nie bruikbaar wees nie. Dit sal hulle net frustreer.

 

Daar is verskillende vertalings vir die verskillende gebruik van die Bybel. Soms het jy ‘n strenger woord vir woord vertaling nodig. Soms het jy iets meer leesbaar/verstaanbaar nodig. Dan word die gedagtes van die oorspronklike skrywer in Afrikaans vertaal sodat die Afrikaanssprekende dit kan verstaan. Elke vertaling se doelwitte is akkuraatheid en verstaanbaarheid. Sommige lê baie klem op akkuraatheid en ander op leesbaarheid.

 

Ons weet wat die oorspronklike manuskripte sê. Die plekke waar akademici werklik oor vertaling verskil is min – dit is van min betekenis. Dit bring ons by ons volgende vraag: Vertaal ons wat die skrywers oorspronklik geskryf het? Met ander woorde: het die kopieerders die oorspronklike korrek oorgeskryf?