Versoeking

 

The Bible is the mouth of God –  Sinclait Ferguson

 

Versoeking

Hoe hanteer ons versoeking? Ons staan nie alleen teen die gety van versoeking wat teen ons aanspoel nie. Ons moet dink aan die hulpbronne wat Christus vir ons gee om versoeking te beveg.

  1. Sy liefde. Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het (1 Johannes 4:19)
  2. Sy woord. Toe Jesus deur die duiwel versoek is, het Hy die versoeking deur God se woord teengestaan. Deel van die gelowige se wapenrusting is juis die woord van God (Efesiërs 6: 17).
  3. Sy voorbeeld. Hou Hom voor oë wat so ‘n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelike moeg word en uitsak nie (Hebreërs 12:3).
  4. Sy Gees. Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie (Galasiërs 5:16).
  5. Sy medelye. Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan die versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie (Hebreërs 4:15).
  6. Sy genade. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word (Hebreërs 4:16).
  7. Sy vergifnis. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid (1 Johannes 1:9).

 

Versoeking is ‘n wesenlike probleem. Alleen kan ons nie staande bly nie, maar dink altyd aan al hierdie hulpbronne wat Jesus Christus vir ons gee.