Vir die Christen is glo, sien

Vir die Christen is glo, sien

As jy jou hele lewe blind was en skielik, deur ‘’n mediese wonderwerk, sien jy. Hoe gaan jy vir iemand bewys dat jy nou in die lig is? Jy kan nie die bestaan van lig bewys nie. Dit is omdat jy nou alles anders deur die lig sien. Die Johannes-evangelie beskryf Jesus op so ‘’n manier: in Hom was daar lewe en die lewe was die lig vir die mense… Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien (1 Johannes 1:4 en 14).

In Jesus sien ons iemand wie se passie dit was om God se wil te doen. Ons sien Iemand wat nooit sy eie heerlikheid gesoek het nie, maar altyd dié van God selfs tot op die punt van sy eie dood. Ons sien Iemand met die mag om op die water te loop, demone uit te werp en die dooies op te wek, maar wat Hom van daardie mag geledig het om diegene wat Hom verwerp het te red in die grootste optrede van deernis ooit.

Toe Jesus aan die mense wou bewys dat wat hy aangaande Homself gepreek het, waar was, sê Hy vir hulle: Wie uit sy eie praat, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van die Een wat Hom gestuur het, is geloofwaardig en daar is niks oneerliks in Hom nie (Johannes 7:18). Sy lewe was ‘n bewys van sy aanspraak. Jesus maak nie alleen sin nie, Hy bring sin na die wêreld hy is die lig en in sy lig kan donker oë weer sien. C. S. Lewis stel dit so: Believing in Jesus is like believing that the sun has risen. We believe not only because we see it, but because by it we see everything else.

 

Die bekendste voorbeeld van hierdie transformasie kry ons in Johannes 9 waar Jesus ‘’n man wat blind gebore is genees. Na Jesus sy sig herstel het gaan hy rond en vertel vir almal dat Jesus hom genees het. Toe kom die godsdiensleiers en ondervra hom. Hulle het probleme met sy genesing. Jesus kon dit tog nie gedoen het nie, want Hy is nie die Seun van God nie. Moedeloos na al di ondervraery, sê die man uiteindelik: Een ding weet ek wel: ek was blind en nou sien ek (9:25)

Dit is hoe dit dikwels werk as ek na Jesus toe kom. In Jesus leer ons wat vrede is – nie ‘’n tydelike onderbreking in ons besige skedule nie, maar genesing vir die eindelose dors van my siel. In Hom leer ons ‘n nederigheid wat nie gedurig smag om myself te verheerlik nie, maar dat dit my vreugde is om die heerlikheid aan God te gee. In Jesus leer ek wat selfledigende vrygewigheid is. Ek leer die krag om te vergewe. Ek kry my identiteit in God eerder as daarom self te probeer opbou.

 

In Christus kry ons die soort kennis wat meer is as logiese afleidings en bewyse- ons kry die soort kennis waar ons iets instinktief weet. Jy mag steeds vrae hê al weet jy in jou hart dat Jesus die Seun van God is en dat Hy uit die dood opgestaan het. Maar die kennis wat ons kry as ons Hom as ons Verlosser aanneem en ons sy liefde ondervind neem ons vrae en verander dit in vertroue.