Vyf woorde om met trane te sê

Vyf woorde om met trane te sê

By begrafnisse hoor ons dikwels mense sê iets om vertroosting te kry in hulle verlies. Ons hoor mense sê: “Sy was te goed vir hierdie wêreld;” OF ”ek dink God het hom meer nodig gehad as ons” of ‘ Hy is in ‘n beter plek.” As ons verward is oor die verlies van iemand vir wie ons lief was, wil ons aan iets vasgryp om stabiliteit in die storm van hartseer te kry. Ons soek duidelikheid in die see van verwarring. Sommige dinge wat ons aangryp is waar en steun ons in die storm. Sommige van die dinge wat ons aangryp, kom uit ‘n oppervlakkige geloof of leë spiritualiteit. Hulle klink mooi, maar hulle is of onwaar of net gedeeltelik waar. Die oorsprong is die oppervlakkige oortuigings van ons kultuur en nie die Skrif nie.

 

Nancy Guthrie

Nancy Guthrie offers companionship and biblical insight to the grieving through Respite Retreats that she and her husband, David, host for couples who have faced the death of a child, through the GriefShare video series, and through books such as What Grieving People Wish You Knew about What Really Helps (and What Really Hurts).

Comfort is the one thing you cannot get by looking for it. If you look for truth, you may find comfort in the end. If you look for comfort, you will not get either comfort or truth — only soft soap and wishful thinking to begin with and, in the end, despair.”  C. S. Lewis

As ons iets soek om ons te vertroos of om ander wat hartseer is te vertroos, moet ons seker maak dat dit wat ons aangryp waar is.

Ek kan God hiermee vertrou. Vyf woorde. As ons met mense wat rou praat, beteken ons woorde beslis baie. Ons moet vasgryp aan woorde wat ewig waar is, om te keer dat ons hartseer ons nie verdrink nie. Hierdie vyf woorde het baie implikasies, maar ons kan op hierdie woorde vertrou.

As ons self rou is wat ons vir onsself sê baie belangrik. Ons het gewoonlik meer vrae as antwoorde en die leegheid oorweldig ons. As die hartseer vars en intens is, moet ons begin vorentoe beweeg na genesing. Dan moet ons hierdie een idee diep in ons siel inplant: Ek kan God hiermee vertrou. Dit bring vrede te midde van hartseer te midde van hartseer se chaotiese gedagtes en emosies. Wat beteken hierdie woorde? Dit beteken:

  • Ek kan God vertrou met die tydsberekening van my geliefde se dood.
  • Ek kan God met my onbekende toekoms vertrou.
  • Ek kan God met my onbeantwoorde vrae vertrou
  • Ek kan vertrou dat God die seerkry sal genees.
  • Ek kan vertrou dat God die leegheid sal vul.
  • Ek kan vertrou dat God die donkerte sal verlig.
  • Ek kan vertrou dat God die vreugde in my lewe sal herstel.
  • Ek kan vertrou dat God met my deur sy woord sal praat.
  • Ek kan vertrou dat God genoeg genade en krag sal voorsien sodat ek alles wat kom, kan hanteer.
  • Ek kan God vertrou dat dit tot my beswil sal meewerk om my nader aan die beeld van Christus te maak.
  • Ek kan God vertrou dat die opstanding werklik sal kom en dat dit die moeite werd is om daarvoor te wag.

Selfs as ons onseker is of die persoon wat gesterf het in die geloof in Christus was, kan ek steeds sê; Ek kan God hiermee vertrou. Dan kan ons soos die psalmis sê:

Waarom is ek so in vertwyfeling, en waarom kerm ek so?

Vetrou op God!

Ja, ek sal weer vir Hom ‘n loflied sing.

Hy is my helper en my God. (Psalm 42:12)