Waag vir God

This is what happens with all of God’s works in the world: before they are done no one believes it, but when they happen, no one pays attention to it. Unbelief goes before and forgetfulness follows after. — Martin Luther

 

Waag vir God

“The Christian life is a call to risk. You either live with risk or waste your life.” (John Piper – Risk is Right)

In die Skrif is daar geen waarborge vir veiligheid nie, Gehoorsaamheid aan God beteken altyd ‘n mate van risiko. Om vir God te waag is gevaarlik, maar om nie te waag nie is nog gevaarliker. Ons sien dit duidelik uit die gelykenis van die muntstukke (Matteus 25:14 – 30). Twee slawe waag om hulle eienaar se rykdom te vermeerder; die derde slaaf weier om te waag en hy word veroordeel: Jy is ‘n slegte en ‘n lui slaaf!  Wat is die verskil? Die twee getroue slawe het twee gesindhede gehad wat die slegte en lui slaaf nie gehad het nie:

 

 

  • Hulle het vertroue in die meester se goedheid gehad

Die eerste twee slawe het geglo hulle meester goed en betroubaar is. Hulle wag met afwagting op sy terugkoms. Omdat hulle op sy goedheid vertrou het, het hulle die vertroue gehad om te waag met sy muntstukke.

As gevolg van die kruis behoort ons dieselfde vertrou te hê. As die kruis dan openbaar hoe God oor my voel, kan ek mos in sy arms spring. Moet dit nie die manier waarop ons bid, beplan, droom verander nie? As ons na Jesus se offer kyk is ons gebede nie te klein nie? Daar is geen waarborg dat God al ons planne sal seën nie, maar ek weet dat Jesus nie gesterf het sodat ons gemaklik in ons klein gemeenskappie kan leef terwyl ons die groter gemeenskap om ons ignoreer nie. “If God be your partner, make large plans!” D. L. Moody

 

  • ‘n Begeerte om in die meester te vreugde te deel

As die eienaar in die gelykenis terugkeer gee hy twee dinge aan sy slawe: groter verantwoordelikheid en ‘n groter deel van sy vreugde. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins (Hebreërs 12:2). Hierdie vreugde is ook vir ons as ons vooruit kyk om eendag by God te wees.

 

As ons besef dat Christus nie net gesterf het nie, maar vir my en jou gesterf het, lyk ons lewens anders. Ons is so nougeset om vir die laaste twintig jaar van ons lewens finansieel te beplan, maar vergeet van die ewigheid wat daarna volg.

 

Waag omdat Christus my vreugde is. Daarom kan ek blymoedig gee. My opoffering is ‘n risiko, maar dit is ook ‘n belegging – beide in God se koninkryk en in my toekomstige vreugde. Waar roep God my om Hom te gehoorsaam? Om dit wat ek het te waag om Hom te volg? Die geleenthede sal verskil, maar die plan is duidelik: Waag of vermors jou lewe.