Waar is God? Ons enigste hoop

It is the most important thing in life to understand the Lord Jesus – T. Austin-Sparks

Waar is God? Ons enigste hoop

Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag waarna hier verwys word is: Waarmee is God besig – of nie besig nie – in ‘n wêreld vol tragedies en pyn? Hy het vantevore ook oor hierdie onderwerp geskryf. Ek gaan ‘n paar blogs spandeer aan sy boek.

Ons het soos Job geen antwoorde nie – net hoop. Die verhaal van Jesus Christus sluit dood en opstanding in. Die optimiste sê dat dinge geleidelik sal verbeter. Christene glo dat die skepping eendag getransformeer gaan word. Tot dan toe gaan God nie in elke bose gebeurtenis ingryp nie. Intussen moet ons in hierdie vyandige en gebroke wêreld as sy agente optree.

 

By Paulus is daar geen twyfel oor die toestand van ons wêreld nie:Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting (Romeine 8:22). Totdat dit gebeur sal ons nie ‘n bevredigend antwoord op hierdie hoekom-vraag kry nie. Soos Job sal ons aan ons geloof moet vashou en God met die groter prentjie vertrou.

Hoekom vermy die Bybel hierdie hoekom-vraag? Sodra ek die antwoord kry, skuif my aandag van die persoon wat ly na die omstandighede wat dit veroorsaak het. Ek is dan van min hulp vir die persoon wat ly. In Johannes 9 lees ons van die persoon wat blind gebore is. Wat was die eerste vraag van die dissipels? Deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s’n? As hulle die antwoord geweet het, sou hulle weggeloop het met die oortuiging dat die man gekry het wat hy verdien het. Jesus verwerp die teorie dat lyding die straf vir sonde is – net soos God die antwoorde van Job se vroom vriende verwerp het.

Jesus fokus op die man se probleem – blindheid. Om te fokus op die omstandighede wat tot die lyding gelei het, mag van waarde vir voorkoming in die toekoms wes, maar dit doen baie min vir die slagoffers self. Daarom word in feitlik elke deel van die Nuwe Testament waar oor lyding gepraat word die fokus van die oorsake na die reaksie  verskuif word. God whispers to us in our pleasure, speaks in our conscience, but shouts in our pains. It is His megaphone to reach a deaf world (C. S. Lewis).

Viktor Frankl wat die Duitese konsentrasiekamp oorleef het, sê dat die grootste dryfkrag in die lewe  die mens se soeke na betekenis is. Everything can be taken from a man but one thing: the last of the human freedoms – to choose one’s attitude in a given set op circumstances. Die mens kan kies hoe hy in sy omstandighede gaan reageer.

Gaan ons sukkel om ‘n antwoord op die hoekom vraag te kry of gaan ons inspring en help? Daarna kyk ons volgende keer.