Wandel met God

 

“Recall the face of the poorest and weakest man you have seen, and ask yourself if this step you contemplate is going to be any use to him.”
― Mahatma Gandhi

 

Wandel met God

Ons lees in die Bybel dat God met Abraham, Josef, Dawid en Hiskia was. Ons lees dat Henog naby God geleef het. Wat kan ons van hierdie ondervindings sê?

  • Dit was ‘n genadige ondervinding. Deur sonde het die mens hom van God afgesny, maar God, in sy genade, het Hom met die mens versoen. God het hierdie manne nader getrek en hulle met sy teenwoordigheid gevul. Hulle het vergifnis ondervind.
  • Dit was ‘n geestelike ondervinding. God was nie fisies met hulle nie, maar geestelik. Deur sy inwonende Heilige Gees was God aan hierdie manne verbind.
  • Dit was ‘n persoonlike ondervinding. Dit was nie ‘n krag wat by hulle was nie, maar ‘n persoon – die Heilige Gees. Daar was ‘n gesprek tussen die Here en diegene in wie die Heilige Gees was.
  • Dit was ‘n transformerende ondervinding. God kan nie by iemand wees sonder dat daardie persoon verander nie. God se teenwoordigheid produseer innerlike kwaliteite van heiligheid, vrede, tevredenheid en moed in hulle.
  • Dit was ‘n vreugdevolle ondervinding. Dit was God, hulle vriend, wat saam met hulle loop op hulle lewensreis.
  • Die ondervindig het verskil. God verlaat nooit die gelowige in wie Hy woon nie. Soms voel dit egter vir ons of Hy afwesig was. Ons lees dat God vir Hiskia verlaat het: Dit was om hom te toets en hom sy eie hart te laat ken (2 Kronieke 32:31). Hiskia was nie bewus van God se teenwoordigheid nie.
  • Die was ‘n ondervinding wat oral ondervind was. Dit was nie tot die tempel beperk nie. Waar hulle ook al was, kon hulle God se teenwoordigheid geniet.

 

As hierdie Ou Testamentiese gelowiges God se teenwoordigheid ervaar het, hoeveel te meer sal ons as Nuwe Testamentiese gelowiges dit nie ervaar nie. Jesus Christus maak immers hierdie toegang tot God makliker en die Heilige Gees woon in die gelowiges.