Wanneer laas het jy iemand bemoedig?

 

Give yourself fully to God. He will use you to accomplish great things on the condition that you believe much more in His love than in your own weakness – Moeder Teresa

 

Wanneer laas het jy iemand bemoedig?

Een van die belangrikste komponente van leierskap en doeltreffende spanne is die ontwikkeling van ‘n kultuur van bemoediging. As ‘n leier hoe dikwels bemoedig jy diegene wat goeie werk verrig? In sommige omgewings hoor ons feitlik nooit woorde van bemoediging nie.

  • Doen dit

Vir baie leiers is bemoediging van spanlede wat goed presteer nie natuurlik nie. Hulle gebruik nie tyd om hulle te bemoedig nie. Moenie skuil agter “dit is nie my aard” nie. As jy nie gereeld die mense met wie jy saamwerk bemoedig nie, is jy nie ‘n ten volle doeltreffende leier nie.

 

  • Doen dit gereeld

Dit moet in werklikheid deel van jou leierskapstyl en die kultuur van die span word.  As jy nie jou spanlede aanmoedig nie, voel jou spanlede dat jy hulle nie waardeer nie – hulle voel onseker wat jy van hulle prestasies dink.

 

  • Doen dit wyslik

Sommige mense gaan heeltemal oorboord – hulle sê wonderlike dinge van almal en oor alles. In hierdie gevalle verloor bemoediging sy krag.

 

  • Doen dit met voorbeelde

Jy moet voorbeelde noem van dit wat hulle goed gedoen het – anders sal sommige spanlede dink jy is nie eg nie. Hulle wil kan sien waar hulle werklik goed doen.

 

  • Doen dit met gesproke en geskrewe woorde

Daar is baie krag in ‘n handgeskrewe nota waarin jy dank en waardering uitspreek. Daar is geen waarde om daaraan te dink om ander te bemoedig nie. As gedagtes nie in woorde omgesit word nie, is hulle van geen waarde nie.

 

  • Doen dit aan jou leiers

Mense is dikwels huiwerig om die leiers bokant hulle te bemoedig – dit lyk so asof hulle spesiale gunste soek. Leiers waardeer dit as hulle bemoedig word.

 

Wie kan jy vandag bemoedig?