Ware gemeenskap (2)

 

Any man or woman on this earth who is bored … by worship is not ready for heaven.” – A.W. Tozer

 

Ware gemeenskap (2)

Gordon MacDonald het ‘n aantal artikels oor gemeenskap geskryf. Ons gaan ‘n paar blogs daaraan spandeer.

 

Almal van ons gebruik die woorde persoonlike verhouding as ons praat van ons geloof in Jesus Christus. Dit is natuurlik reg, maar onvoldoende. Net so belangrik is my persoonlike verhouding met Christus se mense. Die geloofsgemeenskap  beskryf dan Jesus se volgelinge wat bymekaar kom om hierdie liefde te bewys. Die geloofsgemeenskap is ‘n plooibare woord en pas baie soorte van bymekaarkom – van ‘n klooster waar mense volgens gedefinieerde beginsels leef tot ‘n sitkamer waar ‘n groepie mense bymekaarkom en belowe  om te bid en Bybel op ‘n gereelde grondslag te lees.

 

John Wesley, die vader van die Metodiste beweging, het daarop aangedring dat alle nuwe bekeerlinge van sy rondreisende prediking by groepe wat weekliks vergader ingesluit moet word. Sy siening was dat mense wat nie by hierdie groepe ingeskakel het nie, nie werklik bekeer was nie. By hom was dit ‘n teologiese oortuiging dat daar nie so iets soos ‘n alleenloper geloof was nie.

 

Aartsbiskop Desmond Tutu verwys na die begrip gemeenskap vanuit ‘n Afrika-perspektief: “We say in our African idiom, ‘A person is a person through other persons.’ The solitary human being is a contradiction in terms. I need you in order to be me as you need me in order to be you. We are caught up in a delicate network of inter-connectedness. I have gifts that you don’t, and you have gifts that I don’t—voila! We are made different so that we may know our need of one another. The completely self-sufficient human being is subhuman.”  Hier is iets wat ons moet leer: gemeenskap is noodsaaklik as ek myself wil ken … en vir jou.

 

Ons moet mekaar liefhê … Hieraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê (1 Johannes 3:11, 16). Hierdie is beslis nie ‘n beskrywing van romantiese liefde nie. Hierdie is ‘n doelbewuste, potensieel lewe-gewende verhouding. Ons verbind met mekaar, omdat Jesus met sy volgelinge verbind het. Dit is juis hierdie liefde vir mekaar wat die geloofsgemeenskap onderskei het van die res van die samelewing. Hierdie konsep word goed uitgedruk in die woorde van Psalm 133:1: Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon!

 

Volgende keer gaan ons na ‘n aantal idees wat die Christelike gemeenskap onderskei, kyk.