Wat is dwaasheid? (8)

Wat is dwaasheid? (8)

Die onkundiges se dwaling kos hulle die dood, die dwase word vernietig deur hulle selfversekerdheid, maar wie na my luister sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie (Spreuke 132 – 33).

‘n Teken van ‘n dwaas is om wys te wees in sy eie oë. Dit lei tot selfversekerdheid – ‘n dodelike geestelike toestand. Daar is geen groter dwaasheid as om te dink jy het die lewe onder beheer nie as dit nie beheerbaar is nie. Die klassieke voorbeeld is Jesus se gelykenis van die ryk dwaas (aLukas 12:19 – 20). Maak nie saak watter soort lewe jy vir jouself uitgewerk het nie, sterftes, siektes en finansiële rampe kan met almal gebeur. Geen hoeveelheid rykdom, sukses, mag en beplanning kan jou immuun teen hulle maak nie.

 

Dwase leef in ‘n droom van selfbeskikking. Hulle glo dat hulle alles uitgesorteer het en hierdie selfversekerdheid lei na ‘n ramp. Die teenoorgestelde van selfversekerdheid – angs – is nie die antwoord nie. Ons kan ons selfversekerdheid verloor en steeds sonder vrees leef, as ons onthou dat ons ‘n almagtige, oppermagtige Here van die heelal as ons Vader het. Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy on dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie (Romeine 832).

As dinge goed met jou gaan, word jy selfversekerd. As dinge nie goed met jou gaan nie, word jy angstig. Hoe kan jy beide voorkom? As jy onthou dat God in beheer is en jy jou daarin berus sal jy nie langer dwaas wees nie.