Wat is dwaasheid? (9)

Wat is dwaasheid? (9)

Met die hooghartige spotters dryf Hy die spot, maar Hy is goed vir dié wat beskeie is (Spreuke 3:34).

Die spotter grynslag gedurig. Sy talent vir snydende beledigings en skeltaal lyk nogal na intellektuele wêreldwysheid. Agter die masker van kwinkslae lê ‘n opgeblase vertroue in sy eie mening en intelligensie. Daarom word hooghartige spotters hier teenoor beskeidenheid gestel.

 

Spotters se invloed is veral betekenisvol by eenvoudige mense, waar hulle dikwels leiers word. In ons huidige kulturele atmosfeer is mense wat in groot aanvraag is die groot spotters en onmaskeraars.. Daar is niks erger as om op te kyk na spotters nie, want dit maak dit vir jou onmoontlik om lojaliteit en eerbied vir enigiets te ontwikkel. Hulle doen dit nie met argumente nie, maar met sugte, snydende opmerkings en wenkbroue wat opgetrek word.

Hulle finale oordeel is gepas: God dryf met hulle die spot: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade (1 Petrus 5:5). Jesus sê: Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart (Matteus 11:29). Jesus is ons voorbeeld – sagmoedig en nederig.

Die wêreld sê vir ons dat die mense met baie vertroue en wat hulleself bevorder respek kry. Dit is net tydelik. Ons oes wat ons saai. Spotters word gespot Ons moet dit onthou, want ons het dit nodig.