Wat is my persoonlike roeping?

The winter prepares the earth for the spring, so do afflictions sanctified prepare the soul for glory. –Richard Sibbes

Wat is my persoonlike roeping?

Wat bedoel ons met roeping? Dit is God se persoonlike uitnodiging aan my om aan sy agenda te werk deur die gawes wat Hy aan my gegee het om te gebruik op ‘n manier wat vir ewig betekenisvol sal wees. Klink maklik, maar dit is nie altyd so eenvoudig nie.  Vir sommige is dit  ‘n proses wat tyd en gebed vereis en ‘n tyd van onderskeiding. Dan is dit belangrik dat ek die regte vrae oor my roeping vra. Soms vra ons die verkeerde vrae en in teleurgestel in die antwoorde wat ons kry.

 

Om die wil van God vir my lewe te soek, begin by die vraag:Wat hou my snags wakker as ek veronderstel is om te slaap?”  Daarna volg ‘n tweede vraag: “Wat maak my soggens wakker as ek nog veronderstel is om te slaap?” Die antwoorde op hierdie vra wys vir my waaraan ek waarde heg, waaraan ek toegewy is en wat my opgewonde maak.

Hier is nog vrae wat sal help om God se roeping vir jou duidelik tre maak:

  • Wat is my passie en gawes? Waar hierdie twee bymekaar kom, sal jy jou lewensdoel ontdek.
  • Waarvoor sal jy gratis werk?
  • Wat gee aan jou energie?
  • As jy enigiets kon doen, al lei dit tot ‘n salarisvermindering, wat is dit?
  • Watter hindernisse verhoed dat jy jou ware roeping kan uitleef? Kan jy hulle begin verwyder?
  • As jy nie jou gawes en talente gebruik waar jy tans is nie, kan jy veranderinge teweegbring wat dit sal verander?

Onthou: Daar waar jy nou is, mag dalk die plek wees waar God jou wil gebruik.

Na jy hierdie vrae beantwoord het, skryf ‘n stelling neer wat jou roeping beskryf. As jy jou roeping ontdek het, jaag dit na.

 “This sense of having been called — the worthiness of it, the glorious goodness of a life lived beyond an individual’s agenda — is a precious thing. It is sometimes subverted into grandiosity. It is perhaps more often lost in the ministry of the mundane. It needs to be guarded.” John Ortberg