Wat is wysheid? (11)

Wat is wysheid? (11)

Moenie ‘n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie. Moenie vir iemand sê; “Gaan eers terug en kom môre weer, dan help ek jou,” as jy nou reeds kan help nie (Spreuke 3;27-28).

Doen geregtigheid. Die sesde merk van wysheid in Spreuke 3 is die kommer oor geregtigheid. Die goed wat ons aan ons naaste moet doen is praktiese hulp vir fisiese of ekonomiese nood. Dit is nie ‘n saak van welsyn nie, maar die teks sê dit kom jou naaste toe. Om nie vir hulle te sorg as hulle in nood is nie, is onregverdig.  As jy dinge het wat jou naaste nie het nie deel dit, want hulle het ‘n reg oor daardie deel vaan die wêreld waarvan God jou ‘n tydelike rentmeester gemaak het.

 

Calvyn het geskrf: ‘We are not to consider what men merit of themselves, but to look upon the image of God … to which we owe all honor and love … You will say: He has deserved something far different of me. Yes, what has the Lord deserved?”  Vers 28 gaan selfs verder en sê ons moenie uitstel om goed te doen nie. Jesus se gelykenis van die Barmhartige Samaritaan (Lukas 10) definieer ons naaste as enigeen in nood wat ons teenkom.

 

As jy betrokke is by jou behoeftige bure sal dit jou wysheid leer. Ons leef in ‘n kompeterende gemeenskap. Laat ek altyd onthou dat elke mens hoe gebroke en vol foute ook al, vir U belangrik is.