Wat Is wysheid (12)

Wat Is wysheid (12)

Die wysheid kom eerste. Sorg dat jy wysheid bekom, gee alles wat jy het om insig te bekom. Slaan dit hoog aan, dan sal dit aan jou aansien gee. Dit sal jou ‘n man van betekenis maak as jy dit vasgryp (Spreuke 4:7 – 8).

Hoofstuk 4 is vol van die oproep: sorg dat jy wysheid kry.” Die boodskap is duidelik. Moet nooit ophou om wysheid na te jaag nie. Doen alles om dit te kry, maak nie saak wat dit jou kos nie hoekom? Dit is duurder om nie wysheid te hê nie. Jy sal besluite neem wat lei tot probleme en rampe. Daarom sorg dat jy wysheid kry.

Ons het reeds iets gesien van wat dit behels: vertroue, verdieping en gehoorsaamheid aan die woord van God; vriendskap en openheid vir kritiek; geduldige leer in teenstand; persoonlike betrokkenheid in ware diens aan ander. Dit moet gereeld geoefen word in ‘n gemeenskap wat dieselfde wysheid soek. Die gevolg is dat jy God n jouself en die menslike hart leer ken. Jy leer ook die tye en seisoene kn. Jou besluite en keuses word al hoe wyser. Ons kan vers 7 so parafraseer: “hoe kry jy wysheid. Kry dit.” Wysheid kom nie vir die intelligentste nie, maar vir hom wat vasbeslote daarna soek.

Ons geestelike voorneme om wysheid te bekom, is dikwels te swak. Vra God om ons te help om wysheid te soek. Die Here my God help my, ek sal nie teleurgesteld staan nie; ek sal my nie ontstel nie, ek weet ek sal nie in verleentheid kom nie (Jesaja 50:7)