Wat kan ek by Job oor lyding leer?

When people are unfettered they are freed, but not yet free – Robert Rosenblatt

Wat kan ek by Job oor lyding leer?

Tim Keller het pas ‘n belangrike boek – Walking with God through Pain and Suffering (2013) – geskryf waarin hy die vraag waarom daar pyn en lyding is die wêreld is, hanteer. Hierdie is sekerlik ‘n vraag wat almal van ons interesseer en waarop min van ons ‘n goeie antwoord kan gee. Ek glo dat in hierdie boek baie van ons vrae beantwoord sal word. Ek gaan dus ‘n hele aantal blogs hieroor skryf.

Ons kan nie verstaan wat die Bybel oor lyding sê as ons nie diep na Job kyk nie. Hier staan ons voor lyding met emosionele realisme. Die hooftema van die boek is onskuldige lyding. Die tema word nie abstrak hanteer nie. Die probleem word deur die lyding van een man ondersoek. Die toesprake is vol weldeurdagte nadenke. Ons besef dat lyding ‘n groot filosofiese,maar veral persoonlike, probleem is.

 

Job is uniek, want dit is ‘n implisiete kritiek op al die algemene antwoorde op die probleem van lyding. As lyding kom, is my eerste vraag: Hoekom ek? Die tradisionele antwoord is: Ek het iets verkeerd gedoen. Die sekulêre antwoord is: Daar is geen antwoord op die probleem van lyding nie. ‘n Goeie God sou nie so iets doen nie. Daarom bestaan Hy nie. Job verwerp beide hierdie moralistiese en nihilistiese antwoorde.

God verwys na Job as my dienaar Job (1:8). Hy was vroom en opreg en het God gedien en die kwaad vermy (1:1). Hy was ‘n goeie vader en eggenoot; hy was ryk – elke kind het sy eie huis gehad. Die kinders het gereeld fees gevier. Dan skielik tref ‘n reeks rampe hom. Hy verloor sy kinders en sy rykdom. Hoekom? Die antwoord kry ons in 1:6 – 11: God laat Satan toe om Job te tref, maar Job weet dit nie. Wat was Job se reaksie? Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here (1:21). Daarna laat God toe dat die Satan Job se gesondheid aantas. Job se vrou is ontsteld oor al die lyding:  Bly jy nog steeds vroom? Vervloek God en sterf! (2:8). En dan Job se reaksie: As ons die goeie van God aanvaar, moet ons nie ook die slegte aanvaar nie? 2:10).

Volgende keer kyk ons wat gebeur as die Here aan Job verskyn.